Tiener-droom

VEREENIGING. – Mej. Gauteng en Mej. Gauteng Tiener 2010 word op 24 Julie in die Vereenigingse stadskouburg aangebied. Sestig meisies tussen die ouderdom van 13 en 15 jaar gaan deelneem aan hierdie kompetisie.

Die borge vir die kompetisie het di├⌐ jaar uit hul pad gegaan om onvergeetlike pryse te gee: Pryse soos aandrokke ter waarde van R4 500 en R6 500 word geskenk aan die wenners, ad4 design gee elke wenner ook ‘n webwerf van hul eie.
Ander pryse soos grimeerkursusse ter waarde van R4 200 en nog vele meer sal gegee word aan die wenners. Elke deelnemer ontvang ook ‘n denim geborg deur Cooper Jeans. Al ses die wenners dring deur na die tweede ronde van Mej. Suid-Afrika 2010. (Loret Potgieter is die organiseerder van die prys).
Mej. Gauteng en Mej. Gauteng Tiener gee elk ‘n geldelike skenking aan die MΓÇ£rester Kinderhuis in Rustenburg, die Laerskool Handhawer in die Vaaldriehoek en aan ‘n welsynsorganisasie in Meyerton.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad