Dromkoning vat 'n kans

As ‘n man ‘n allemintige 3 500 optredes agter die blad het, kan daar geen twyfel bestaan oor sy vermo├½ns nie.
Hans Drommedaaris, Suid-Afrika se enigste dromkoning, vat dus nie ‘n wilde kans met sy nuutste CD nie.

Vat ‘n kans is weer eens ‘n baldadige en behendige kragtoer waarmee hy sy unieke musikale vernuf behoorlik ten toon stel. Met ‘n ruimhartige 17 snitte op die album, bederf hy sy aanhangers deur nuwe, asook ou bekende nommers daai spesiale Hans Drommedaaris-loslitlekkerte te gee. Elkeen van die snitte se titels l├¬ lekker in die volksmond en is sommer ook ‘n loergat op die kunstenaar se eiesoortige humor wat van hom ‘n gewilde huishoudelike naam gemaak het.
As een van Suid-Afrika se eerste eenman-drommers wat terselfdertyd vernuftig kitaar, konsertina en xilofoon op die verhoog speel, is Hans Drommedaaris ‘n hele orkes op sy eie. In sy optredes maak hy van verskeie tromsoorte gebruik en verhef hulle effektief tot universele kommunikasiemiddels.
Sy musiek word ‘n verlengstuk van die man en emosies, en spreek daarmee nie net tot die ritme van die hart nie, sy musiek pols deur jou are en dit lig jou voete en jou gees.
Die CD is uitgereik deur Vonk-musiek. Vir meer inligting kontak Lydia Winchester by (011) 475-2187.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad