Archive | Uncategorized

National Business support program making an impact

NATIONAL BUSINESS SUPPORT PROG. MAKING AN IMPACT


“Being part of the Legends Programme has totally transformed the way we run our business,” says Julie Hadley, co-founder of the organisation Heartfelt.

Julie is one of 65 business owners and community project leaders supported in 2011 by the Legends Programme, an award-winning national business development initiative funded by the Old Mutual Foundation. Her organisation Heartfelt, which she owns in partnership with Martha Letsoalo, is based in Makapanstad in the North-West Province. Heartfelt trains local women to design and sew hand-crafted brooches, Christmas decorations and other items from felt, which are sold and exported across the world.
“What makes Legends different,” says Julie, “is that it works with small business owners and entrepreneurs such as myself as well as with non-profit organisations and community projects all across the country, with the goal of helping participants attain new levels of success and sustainability.”
Sisters Faatimah and Zainab Paruk, co-founders of the fast-growing Durban-based catering company Chilli Chocolate Chefs, also seems to have found significant value in the business development programme.
“Without doubt, being a part of Legends has helped us transform Chilli Chocolate Chefs into a more organised, professional, confident and passionate business,” says Zainab.
According to programme participants, what sets Legends apart is the strong entrepreneurial focus that is backed up by practical business tools, training and mentoring.
Catherine Wijnberg, the programme originator and Director of Legends implementing-agency Fetola, explains: “We focus on interventions that make an immediate impact, and ensure that Legends delivers the tools and supports business-owners who really need to thrive.”
* The programme is expanding in 2012 and applications are invited from small businesses, NGOs and community-based projects nationally. For more information contact Chantal de Kock on info@fetola.co.za or phone (021) 7017466. You can also visit www.fetola.co.za to learn more and download an application form. Closing date for applications is February 3.

Source: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Leer meet oor Fondswerwing en bemarking

Vaaldriehoekers wat in fondswerwing en bemarking belangstel, word genooi na ‘n kursus in dié verband wat op Donderdag 23 Februarie by Solidariteit se hoofkantoor in Centurion aangebied word.
Die kursusaanbieder is mnr. Chris Windell wat 35 jaar ondervinding in die bemarking van skole, kerke, welsynorganisasies, tersiêre opleiding, nie-regeringsorganisasies en klubs het.
Sy hoofdoel sal wees om kursusgangers stap-vir-stap op te lei om hulle doelwitte te bereik.
“Deesdae vind welsynorganisasies, nie-regeringsorganisasies, skole, kerke – veral vir die welsynbeen – institute, klubs, en dies meer dit baie moeilik om kop bo water te hou ten opsigte van beskikbare fondse.
“Voeg daarby die regering wat subsidies besnoei en die prentjie lyk maar donker. Om nie eers te praat van die ekonomiese klimaat nie,” sê Windell.
Ten spyte hiervan is daar in 2009 bykans R4,5 biljoen aan sulke organisasies geskenk.
Hierdie geld het gekom van hoofsaaklik die korporatiewe sektor waarvan die top 100 maatskappye meer as R50 miljoen elk geskenk het.
Fondswerwers moet dus net weet hoe om die regte roetes te volg om die geld na hul orga­nisasies te kanaliseer.
Chris Windell het reeds drie boeke die lig laat sien en met 300 seminare agter die blad, het hy heelwat raad vir fondswerwers.
Die kursus duur van 09:00 tot 15:00.
Ruimte is beperk, dus moet belangstellendes Chris so gou as moontlik skakel by 082 5681 501 of vir Elmarie by 083 5710 088.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Motorfiets Pretdag

Start Date: Saturday, 2012-02-11
End Date: 2012-02-11
Start Time: 10:00
End Time: 17:00
Where: Die klubhuis op die ou skouterrein in die dorp, Sasolburg.
Category: Community Events
Cost: Free
Recurrence: None
Contact Person: Johann Wolmarans
Contact Telephone: 082 842 0742

SASOLBURG. – Op 11 Februarie gaan motor­fietsryers van oraloor op die dorp toesak vir ‘n dag vol motorfietspret. Sasolburg Tafelronde 41 bied sy eerste Oil Day-Jol aan en dit sal by die klubhuis op die ou skouterrein in die dorp gehou word.
Die dag skop om 10:00 af en hou aan tot hanekraai die volgende oggend. Alle geld wat op die dag gemaak word, gaan aan die DBV geskenk word.
Daar gaan heeldag musiek gemaak word, wat ‘n ruk-en-rol groep asook platejoggie insluit. Daar sal kosstalletjies, vermaak vir jonk en oud en dan natuurlik ook ‘n kontantkroeg wees (so los maar die koelhouers tuis). En asof dit nie klaar ‘n wenresep is vir ‘n lekker dag nie, gaan daar hope pryse en gelukkige trekkings wees. Alle motorfietsryers wat die dag bywoon, kry ‘n metaalwapen wat ingesluit is in die toegangsfooi.
So as jy ‘n volbloed motorfietsryer is, of net ‘n motorfietsgeesdriftige is, kom geniet die dag saam met Sasolburg Tafelronde 41 en help die DBV. Mense is welkom om stalletjies op die dag te kom opsit.
Vir meer inligting of enige ander navrae, skakel Johann Wolmarans by 082 842 0742 of Atherton Russell by 082 920 6408.
Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Vaal Birding Society back with a treat

VANDERBIJLPARK. – Nature lovers are invited to the first mee-ting this year of the Vaal Birding Society, on Monday January 16. Dup du Plessis will give a talk on “Birds and their nests”. Guests are welcome, the cost for guests being R20.

The meeting will take place at room nr. 14, Old Mutual Building, 14 Hertz Boulevard. It starts at 19:00. Further information can be obtained from the Club Secretary Rina de Klerk on (016) 982-2730.
Source:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Nuwe Chevvie Sonic indrukwekkend

Mededinging is straf in die kompakte-luikrugmotor-segment, maar Chevrolet kom met ‘n groot aanslag in die mark as hy eersdaags die nuwe Chevrolet Sonic in Suid-Afrika bekend-stel. Ons het die geleentheid gehad om die motor reeds voor die bekendstelling te bestuur.

Die Sonic se stilering beïndruk uit die staan-spoor. Hy het ‘n sterk neus en ligte wat van die kant af veral aan die Lumina herinner, en ‘n vorm wat voorgee dat dit ‘n tweedeurmotor is, terwyl die agterdeure se handvatsels diskreet agter die deure in die bakwerk versteek is. Dit is van die kenmerke wat hierdie motor besonders maak. Effens getinte ruite verbeter die privaatheid van die agterste passasiers en 15″-allooivellings rond die prentjie af. En dit als in ‘n luikrug-motortjie!

In die kajuit beïndruk die nuweling verder. Die motor is verbasend ruim, selfs vir ‘n groot ou soos ek, en die stuurwiel kan verstel word vir optimale gemak. Die instrumentepaneel is vars, modern en sportief, met ‘n analoog toereteller en digitale spoedmeter.

Daar is elektriese ruite voor, elektries verstelbare spieëls, lugversorging, misligte en ‘n klankstelsel met Bluetooth, Aux- en USB-konneksies. Boonop het die Sonic spoedbeheer. Die spoedbeheer, klankstelsel en Bluetooth-telefoonstelsel kan alles vanaf die multifunksie-stuurwiel beheer word. Die voorste passasierlugsak kan ook afskakel vir ma’s wat ‘n babastoeltjie op die voorste sitplek wil vasmaak. Die bagasiebak bied oorgenoeg ruimte en bevat ook die vol-grootte-noodwiel.

In die verkeer bestuur die Sonic lekker lig, en selfs op die lang pad was die motortjie met sy spoedbeheerfunksie ‘n plesier om te ry. Die Sonic sal beskikbaar wees met enjins wat wissel van 1.2 tot 1.6 liter. Na gelang van die model wissel die gemiddelde brandstofverbruik tussen 5 liter en 7 liter per 100 km. Die motor is lewendig, en selfs die stadigste 1.2 “detuned”-model het ‘n topspoed van 162 km/h, meer as voldoende vir ‘n motor van dié grootte.

Die Sonic behoort van hierdie maand af in die mark beskikbaar te wees, net betyds vir ‘n lekker Kersgeskenk vir jouself, jou vrou of jou studentekind. Pryse is nog nie bekend nie, maar te oordeel aan die Sonic se prys in ander markte behoort hierdie ‘n luukse en ekono-miese waarde-vir-geld opsie te wees.

Die Chevrolet-kenteken is kleiner en meer diskreet as wat met sommige vorige modelle die geval is, maar Chevrolet gaan met hierdie produk breëbors rondloop. Daar’s in nuwe speler in die mark, en hy is Super-Sonic!
* Johann van Tonder is ‘n motorjoernalis wat ook gereeld vir nasionale publikasies skryf en voortaan ook gereeld motors vir Vaalweekblad gaan toetsbestuur.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

With Eish…And Juice

Sedibeng District Municipality Mayor Simon Mofokeng.
On Saturday night at the Sharpeville Hall, a man serving drinks to guests at a VIP table accidentally spilled glasses of juice onto Sedibeng Mayor Simon Mofokeng’s jacket. It appears that the waiter lost his footing as he made his way past the table.

At the time, Gauteng Premier Nomvula Mokonyane, Emfuleni Acting Mayor Sello Pitso and the Public Protector Thulisile Madonsela were seated next to Mofokeng, who had to be rushed to his Vanderbijlpark home to change.
Upon his return, Mofokeng made an announcement that the waiter should not worry. “Problems occur when the situation is conducive for them to be solved,” says Mofokeng, who assured guests and the waiter that he understands that the spillage was an accident.
Source: vaalweekly.com

Posted in UncategorizedComments Off

Nuwe Uitdagings vir Mooivaal Media

MooiVaal Media het Saterdag sowat 60 adverteerders en ander kliënte na Carnival City geneem om die Boney M-vertoning te sien. Buiten dat die uitstappie aangebied is om adverteerders en medewerkers te bedank vir hul jaar se ondersteuning, kon adverteerders tydens die busrit ook meer hoor oor MooiVaal Media se nuwe publikasie, Sedibeng Ster, wat in Januarie die lig sien.

‘n Jaar propvol opwindende uitdagings lê vir MooiVaal Media voor. Een daarvan is die uitbreiding van ons Ster-publikasies met die bekendstelling van ‘n splinternuwe koerant, Sedibeng Ster.
Dié gratis publikasie wat vanaf 13 Januarie by 101 000 huishoudings versprei gaan word, is geskep na die same-smelting van MooiVaal Media se koerante Vaal Weekly, Evaton Vision en Sebokeng Vision.
Sedibeng Ster sal van huis-tot-huis in Sebokeng, Steelpark, Evaton, Boipatong, Bophelong, Bedworthpark, Sharpeville en Orange Farm versprei word.
“Die 101 000 verspreiding van Sedibeng Ster gaan dit een van die grootste gratis-verspreide koerante in die land maak. Ons weet dat dié nuwe publikasie met ope arms deur lesers sowel as adverteerders verwelkom gaan word,” sê ‘n geesdriftige mnr. Thys Foord, hoofbestuurder van MooiVaal Media.

Buiten die gewone “harde koerantnuus” sal Sedibeng Ster ook nuus en advertensies oor vermaak, werksgeleenthede, sport, godsdiens, opleiding, gesondheidsake, winskopies en baie meer bevat.
Ter voorbereiding vir Sedibeng Ster is die voormalige redaksie-afdeling van Vaal Weekly en Vision reeds geïnkorporeer by die bestaande Ster- en Vaalweekbladspan om nou ‘n gesamentlike, sterker redaksie met die hoofkantoor in Vanderbijlpark, te vorm.

Mr. Lerato Serero, ‘n jare lange ervare koerantman, is Sedibeng Ster se nuusredakteur.
Skakel MooiVaal Media by (016) 950-7000 met interessante nuus in die verspreidingsarea of om meer uit te vind oor Sedibeng Ster se baie billike advertensietariewe.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Women cast a wide net

Sebokeng SAPS officers and Emfuleni traffic officers held a successful roadblock on Moshoeshoe Street on Friday to observe the start of the 16 Days of Activism against Woman and Child Abuse campaign. Constable Maria Molefe is seen here hard at work at the roadblock near Masoheng. Photo: Sonqoba Kunene.

The nationwide 16 Days campaign seeks to highlight the scourge of women and child abuse and runs annually from November 25.  Police officers in Sebokeng came out in numbers to support the roadblock which saw several vehicles stopped and searched near the Masoheng robots. Senior members of the Sebokeng SAPS and traffic officers from the Emfuleni Local Municipality also made their presence felt as they pulled over motorists to check for roadworthiness, permits and licenses.  One of the officers, Constable Maria Molefe called on all residents of Sebokeng and surrounding areas to do their part in curbing the spread of violence against women and children.
Source:  vaalweekly.com

Posted in UncategorizedComments Off

Build up your body

The pair was announced the winners after a six hour marathon that was conducted by eight training instructors, giving the athletes different levels of exercises.  Mpho Jooster, the host was very impressed by the turn out and the support she got from other training instructors. She said to the masses that graced the program that she appreciates their love and support. She further states that conducting such marathons will give a moral boost to those who are in need to do something about their health.
Drifting back to the winners Tladinyane says he was suffering from numerous health conditions that pushed him to start training and he says aerobics became the toughest training scale he hated to love. “I forced myself for the sake of my health and it is unbelievable when I look back and see how far I have come,” says Tladinyane. Again Vaal Weekly sports had an interview with the crowd’s favourite, Ndimande, a very sexy, hot young girl from Germiston. She stole the crowd’s hearts with her sexy body for which she claims to have worked very hard for.
Jooster, the host says it is very important for people to know their health status. She further says aerobics might look exhausting, but once a person got used to it, the excitement will prevail. Her last words are that a healthy person, usually has a healthy sound mind!The pair was announced the winners after a six hour marathon that was conducted by eight training instructors, giving the athletes different levels of exercises.  Mpho Jooster, the host was very impressed by the turn out and the support she got from other training instructors. She said to the masses that graced the program that she appreciates their love and support. She further states that conducting such marathons will give a moral boost to those who are in need to do something about their health. Drifting back to the winners Tladinyane says he was suffering from numerous health conditions that pushed him to start training and he says aerobics became the toughest training scale he hated to love.
“I forced myself for the sake of my health and it is unbelievable when I look back and see how far I have come,” says Tladinyane. Again Vaal Weekly sports had an interview with the crowd’s favourite, Ndimande, a very sexy, hot young girl from Germiston. She stole the crowd’s hearts with her sexy body for which she claims to have worked very hard for.  Jooster, the host says it is very important for people to know their health status. She further says aerobics might look exhausting, but once a person got used to it, the excitement will prevail. Her last words are that a healthy person, usually has a healthy sound mind!
Source: vaalweekly.com

Posted in UncategorizedComments Off

Kanguru Tehuis vir Gestremdes open sy deure

MEYERTON. – Die Känguru tehuis vir gestremde kinders het 1 September in Kliprivier geopen.
Op 10 Desember hou hulle ‘n Rocking for Charity-geleentheid by Gecko’s Pub in Meyerton. Dit is op die hoek van Donald- en Jim Fouché-rylaan langs Plaaskombuis. Die geleentheid word gehou om fondse in te samel vir doeke, opvoedkundige speelgoed en terapie-apparaat.
Bekende orkeste soos Wake to Wonder, Mad about You, Scarlet Street en nog vele ander sal die dag sorg vir groot opwinding.

Hekke open om 12:00 en daar sal baie stalletjies met allerhande lekker goed wees om te geniet asook ‘n groot biertent.
Kom deel gerus in al die pret.

Kontak
Vir meer inligting kan Adele by 072 593 7416 geskakel word.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

NG Kerk De Deur versterk familiebande

DE DEUR. – Die Ring van die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) van De Deur het besluit om die familiebande tussen die gemeentes te versterk.

Die agt gemeentes wat deel uitmaak van die Ring, is De Deur, Meyerton, Olyfdal (vroeër Meyerton-Suid), Klipvallei, Spioenkop, Meyerton-Oos, Meyertonpark en Kliprivier.
Alle lidmate van hierdie gemeentes asook enige ander belangstellendes word hartlik uitgenooi na die volgende geleenthede:
Gesamentlike liggiefees-Kerssangdiens op 11 Desember, wanneer die sowat 14+ liggie-panele aangeskakel word.
Vanaf 17:00 vertrek daar oop waens waarop belangstellendes kan saamry om deur die Riversdal-omgewing te ry en Kersliedere te sing, asook mense te herinner aan die besonderse Christelike fees wat Jesus ingelei het.
Die lekkergoedkardoesies word DV op Saterdag 10 Desember verpak by die NGK Meyerton-Oos vanaf 08:00. Donasies van lekkers is welkom. Hulp met die verpakking sal ook waardeer word.

Om 19:30 kom almal by die kerksaal byeen vir ‘n (hopelike) opelug Kerssangdiens onder leiding van die uiters bekwame en begaafde musikus en leraar, ds. Dolf Bronkhorst, wat die geleentheid sal lei.
Soos die Christus-verhaal ontvou van die skepping af, sal al die liggiepanele aangeskakel word.

Bring net jou eie piekniekkombers en kampstoeltjie om op die gras te sit. Liedere se woorde sal beskikbaar wees. ‘n Offergawe sal opgeneem word. ‘n Gesamentlike Geloftedagdiens word op 16 Desember om 08:00 by Meyertonpark gehou en ‘n gesamentlike Oujaarsdiens word op 31 Desember onderskeidelik op 19:00 by Olyfdal en Meyerton-Oos gehou. Daar sal ook ‘n Oujaarsdiens by Klipvallei gehou word om 23:15.
Enige navrae in verband met hierdie geleenthede kan gedoen word by Johan Burger (016) 364 1388, Louise Vermaak (kerkkantoor) (016) 364 1484 (Maandag 11:00-13:00, Woensdae tot Vrydae 09:00-13:00), op Facebook onder NGK Meyerton-Oos), per e-pos ngmtonoos@vodamail.co.za of op die webblad www.ngmtonoos.co.za.
Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Vaal bied gesogte krieketweek aan

VANDERBIJLPARK. – Die nasionale o/17-Platteland krieketweek vier vanjaar sy sesde bestaansjaar in die Vaaldriehoek.

Die toernooi dra dieselfde gewig as die Khaya Majoja Coke-week en die PG Bisonweek en is ‘n voedingsaar vir Suid-Afrikaanse krieket wat deur Krieket Suid-Afrika gekoester word.
Tydens die eerste toernooi in die Goudstad is daar besluit dat die Vaaldriehoek voortaan amptelik as Gauteng Platteland aan die toernooi sal deelneem. Daar is glo planne in die pyplyn om ‘n soortgelyke week vir o/15-spanne op die been te bring. Dit behoort ‘n groot leemte in Suid-Afrikaanse-skolekrieket te vul en ‘n onuit-putbare voedingsaar vir die spel te word.

Die provinsies wat vanjaar van 9 tot 14 Desember in die Vaaldriehoek hulle krieketvernuf gaan uitstal is: Gauteng, Griekwas, Vrystaat, KwaZulu-Natal kustelike gebiede, Noordwes, Boland, OP kustelike gebiede, OP Platteland, Grens Villages, Grens Platteland en Kei o/19 en Kei o/17.
Die spanne sal in die koshuise van die Hoërskool Vereeniging en General Smuts High School tuisgaan en die wedstryde sal op velde regoor die Vaaldriehoek kragte meet.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Terapie honde versprei glimlagte

PARYS. – Breë glimlagte het onlangs oor die gesigte van Parys Epilepsie-sentrum se inwoners versprei toe hulle onlangs deur drie terapie-honde en hul eienaars besoek is.

Fransi Coetzer van Sasolburg, Louise van Niekerk en Adele van den Berg, albei van Vanderbijlpark, het nie net ‘n groot liefde vir honde nie, maar ook vir minderbevoorregte en gestremde mense.
Hulle het die Epilepsie-sentrum se inwoners op 8 Desember besoek omdat hulle voorheen reeds die po-sitiewe uitwerking ervaar het wat terapie-honde op sulke pasiënte het.

Inwoners van die sentrum het die geleentheid gehad om die honde, Moogly, Dino en Shaka, te vertroetel en die viervoetige vriende het die aandag natuurlik stertswaaiend geniet.
Volgens Adele is sy sommer baie trots op haar hond, Shaka, ‘n Labrador van ses maande oud, wat baie potensiaal as ‘n terapie-hond toon. “Shaka het duidelik ‘n natuurlike aanleg om glimlaggies op mense se gesigte te sit,” sê sy.
Fransi, Louise en Adele beplan om voortaan gereeld besoeke aan die sentrum en ander soortgelyke instansies te bring en het ook pas hul eie klub, Barking Angels Therapy Dogs, ‘n nie-winsgewende organisasie, gestig.
Enige hondeliefhebbers wat meer oor hul bedrywighede wil hoor, kan Adele e-pos by adelewouter@gmail.com of skakel haar by 071 896 5099.

Deelnemende honde hoef nie vorige opleiding te hê nie, maar moet “goeie” persoonlikhede hê. Opleiding sal verskaf word deur Sanmarie Immelman, wat verbonde is aan Groenpunt se honde-eenheid en reeds 27 jaar met honde werk.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Troetel jou baba en keer dwelmmisbruik later

Mense wat as babas baie vertroeteling van hul moeders gekry het, produseer vermoedelik hoër vlakke van ‘n sekere molekuul (Interleukin-10) wat ‘n mens help om weerstand teen dwelmafhanklikheid te ontwikkel.

Navorsers aan die universiteite van Duke en Adelaide in Australië het bevind dat hope liefdevolle aandag aan ‘n baba in werklikheid die immuunrespons van die kleintjie se brein positief kan verander.
Dit blyk dat moederliefde ‘n chemiese proses in die baba se brein aan die gang sit wat hom of haar as volwassene beter bestand sal maak teen versoekings en smagting na dwelmmiddels soos alkohol en morfien.

Hoewel die eksperimente slegs op rotte en hul werpsels gedoen is, is die navorsers van mening dat dieselfde resultate by mense gevind sal word omdat die breindele wat met dwelmafhanklikheid, “cravings” en beloning te doen het, baie ooreenstem by mense en rotte.

Daar is gevind dat rotte wat as babas meer aandag van hul ma’s af gekry het, se breine tot vier keer meer beskermende Interleukin-10 afskei as rotjies wat deur hul ma’s afgeskeep is.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Page 1 of 24123451020...Last »
Click to get listed

Follow us…

Vanderbijlpark Weather

Clear 27°C Clear
Thu Chance of Storm
23/16
Fri Chance of Storm
25/15
Sat Chance of Rain
22/12

Read more…