Seminaar oor afwykende gedrag

VANDERBIJLPARK. – Omdat kerk-, jeugleiers, maatskaplike werkers en beraders se werks-lading oorweldigend raak, word meer hande benodig, en daarom gaan ‘n seminaar vir leke-persone oor seksueel afwykende gedrag by die Fakulteit Teologie, NWU Potchefstroomkampus aangebied word.

Enigiemand met ‘n belangstelling in die gebied asook die motivering om ‘n gesonde samelewing te skep, is welkom om die seminaar by te woon.

Onderwerpe wat gedek word, sluit in:
* Wat behels seksuele molestering,
* Wie is die persoon wat kinders molesteer,
* Tekens dat ‘n volwassene ‘n kind mag skade aandoen,
* Gedrag om na op te let wanneer kinders by volwassenes is,
* Tekens dat ‘n kind of tiener ‘n ander skade aandoen.

Die seminaar word op Saterdag 5 Mei vanaf 9:00 tot 13:00 gehou en die koste is R200 per persoon.

‘n Spesialiskursus gemik op leraars, jeugwerkers van kerke en skole, pastorale bera-ders, maatskaplike en sosiale werkers wat die probleem pastoraal wil benader, word ook beplan vir 14 tot 18 Mei. Om hierdie kursus by te woon moet jy matriek en twee jaar tersiêre opleiding hê.

‘n NWU-sertifikaat sal uitgereik word. Vir meer inligting kontak Thercia van der Merwe by (018) 299 1841 of e-pos Thercia.VanDerMerwe@nwu.ac.za, of kontak dr. Stella Potgieter by 072 971 9607 of e-pos stellapotgieter@gmail.com.
Bron: vaalweekblad.com