Vaal Emergency Care bedien die nasionale paaie in ons gebied en Vaalridge Auto is trots daarop dat twee van hulle tegnici, Frikkie de Beer en Emanuel Gomes, hierby betrokke is. Dit is deel van die Imperial-groep se inisiatief om die gemeenskap en padgebruikers in ons gebied te dien.
Die BMW is ten volle toegerus met alle noodhulp-toerusting denkbaar tot op gevorderde lewensonder-steuningsvlak. Dit word op ‘n daaglikse basis deur VEC gebruik om ‘n verskil in die plaaslike gemeenskap te maak. Hulle gebruik ook die BMW tydens vakansietye om die groot paaie en snelweë in die omgewing te patrolleer en mediese bystand te verleen. Hulle dek dele van die N1, N3, R59 en R57.
Vaal Emergency Care vier vanjaar hulle 6de bestaans-jaar en groei van krag tot krag. Hulle bied nie net privaat ambulansdienste nie, maar ook noodhulpopleiding, mediese bystand by enige hoedanigheid (van sportbyeenkomste tot feeste en ‘biker rally’s’), die verskaffing van mediese personeel by o.a. fabrieke se ‘shutdowns’ en ook die verkoop en instandhouding van noodhulpkaste.
Privaat ambulansdienste sluit nie net die vervoer van pasiënte van huis tot hospitaal in nie, maar ook enige mediese noodgeval soos motorongelukke, hartaanvalle, asma-aanvalle ens.
Dit is nie net vir mense met ‘n mediese fonds nie. Privaat kliënte kan ook van hulle dienste gebruik maak teen ‘n minimale fooi.
Daar is ook ‘n groot miskonsepsie as dit kom by mediese fondse en vir watter ambulansdiens hulle betaal. Die feit van die saak is, dat in ‘n mediese noodgeval, maak nie saak op watter mediese skema jy is nie, enige ambulansdiens mag jou vervoer en jou fonds betaal daarvoor.
Vaal Emergency Care bedien die hele Vaaldriehoek, van Oranjeville tot in Henley-on-Klip en het persele en voertuie in Sasolburg asook Vanderbijlpark. Hulle is altyd blitsvinnig op die toneel en afgesien van uiters hoë gekwalifiseerde personeel, het hulle ook ‘n mediese dokter wat in trauma spesialiseer en bystand verleen op tonele. Indien jy enige mediese bystand nodig het, of in ‘n mediese noodgeval verkeer, skakel Vaal Emergency Care by (016) 976 7887 of op 073 370 6995 . Hulle is altyd beskikbaar, 24 uur ‘n dag, 365 dae ‘n jaar.
Bron: vaalweekblad.com