Ma se stem so goed soos 'n drukkie

Om hul ma se stem oor die telefoon te hoor, kan vir ‘n vreesbevange kind tussen die ouderdom van sewe en twaalf jaar net so kalmerend wees soos om hul ma se arms om hul lyfies te voel. Die biologiese antropoloog, dr. Leslie Setzer, het di├⌐ bevinding gemaak nadat sy ‘n groep laerskoolmeisies opdrag gegee het om ‘n onvoorbereide mondeling voor ‘n groot groep vreemdelinge te doen. Soos wat verwag kon word, het die kinders dadelik meer van die streshormoon, kortisol, begin afskei, wat hul hartklop laat verversnel en hulle kortasem gemaak het.

Terwyl hulle steeds in ‘n baie gespanne toestand was, is een helfte van die meisies se ma’s binnegenooi en toegelaat om hul dogters ‘n drukkie te gee. Die ander helfte van die groep is toegelaat om met hul ma’s oor die foon te gesels.
In albei gevalle was die effek om kontak met hul ma’s te h├¬, dramaties. Hul kortisolvlakke (en gepaardgaande stres) het onmiddellik drasties afgeneem. Vreemd genoeg het die meisies wat oor die foon met hul ma’s gesels het, feitlik presies dieselfde resultate getoon as die meisies wat fisiese kontak met hul ma’s gehad het.
In albei gevalle het die meisies se oksitosienvlakke (‘n hormoon wat met liefde en emosionele “bonding” geassosieer word) gestyg en die stres-veroorsakende kortisol “weggewas”.
Volgens dr. Setzer is daar voorheen geglo dat ‘n ma en kind fisiese kontak moet h├¬ vir so ‘n reaksie by ‘n kind, maar hul navorsing het nou bewys ‘n ma se stem is net so kalmerend soos haar fisiese teenwoordigheid.
Wat voorts interessant is, is dat die kalmerende effek wat die meisies se fisiese of telefoniese kontak met hul ma’s gehad het, etlike ure later steeds ‘n positiewe uitwerking op hulle gehad het.
Die navorsingspan gaan die studie nou uitbrei na selfoon-sms’e om te bepaal of ‘n geskrewe sms van hul ma’s dieselfde positiewe uitwerking gaan h├¬.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad