Hierdie winter is jou kans om ‘n groot verskil te maak in iemand se lewe. Maak jou hart hierdie koue seisoen oop vir hulpbehoewende babas, kinders en volwassenes, verwerpte bejaardes, ongehude moeders, mishandelde vroue, gestremde persone en verswakte bejaardes by die Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg.
Sonder die vriendelike bydraes van die gemeenskap vir Carpe Diem en Vaalweekblad se kinderfonds, kan die Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg nie hul dienste verrig en die behoeftiges van ‘n bord kos elke dag voorsien nie.
Tans verskaf die Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg huisvesting en drie maaltye (240 borde kos) per dag aan 65 volwaasenes, 10 skoolkinders en 5 babas en kleuters.
Die Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg se behuising bestaan uit 23 gesinskamers, ‘n enkel manssaal met 22 beddens, ‘n enkel-damesaal met 12 beddens, ‘n babakamer, speelpark, ‘n groot kombuis, ‘n kookkombuis met twee koolstowe, ‘n eetsaal, badkamer met storte en toilette en ‘n waskamer.
Die insameling van fondse en voedselbydraes is ‘n daaglikse stryd.┬á Kruideniersware, skoonmaakmiddels, toiletware, komberse, gordyne, babaprodukte, babamelk, babadoeke, volwassedoeke en voedsel aanvullings vir drie bejaardes word dringend benodig.
Donasies van meubels soos hangkaste, kaste, beddens, vrieskaste, wasmasjiene, ‘n grassnyer en enige ander items sal waardeer word.┬á Geen bydrae is te klein nie, en maak ‘n ware verskil in iemand se lewe.
Die projek vir Mei is die insameling van veral sop, sopbestanddele, komberse en warm klere vir die koue weer wat reeds op ons voorstoep kuier. Enige donasies kan by die Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg of Carpe Diem Media se kantore afgelewer word.  Indien u ‘n geldelike bydrae wil maak, kan u die fondse deponeer by ABSA in tjekrekeningnommer 4056773506.
Besoek die Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg gerus en vergewis u van die omstandighede van die mense by Nanescol 161 (“4th Avenue” op ‘n GPS).
Nadere besonderhede is beskikbaar by die Welsynkantoor by (016) 987 1948.
Die volgende donateurs wat bydraes tot die Carpe Diem/Vaalweekblad Kinderfonds gemaak het, word vir hul finansiële bydraes bedank (Volledige name of voorletters ontbreek in sommige gevalle):
Die Jordaans; L. Leibach; AMG Engineering; Alma Krause; C&L Potgieter; T. Fraser; Carpe Diem Media; Drs. Van Heerden en PA; Vanderbijl Hydraulics; Methodist Church;  WFF, Frans & Nettie; A. Burger; Dr. Oelofse; Me. Bouwer; Esthe Muller Attorneys; ERG; Express Toilet Hire; Dr. Scholtemeyer; Waterplan; Harrington Steel; Protea Foundry; Cape Gate; Dr. J. Breytenbach; A.J. Jacobs Primêre skool.
Nuusbron: Mooivaal Media – Ster