Kaneel is nie net vir pannekoek nie

‘n Kanadese tydskrif, Weekly World News, het onlangs ‘n berig gepubliseer waarin die voordele van heuning en kaneel breedvoerig bespreek is. Nie net is heuning en kaneel ‘n vinnige energie-happie nie, dit is glo ook ‘n kuur vir verskeie kwale.

Artritis-lyers kan glo groot voordele daaruit put om elke dag ‘n koppie louwarm water te drink waarin twee teelepels heuning en ‘n skeppie kaneel opgelos is. ‘n Pasta van heuning en kaneel kan ook gemaak word en aan die aangetaste gewrigte gesmeer word. Dis dalk ‘n taaierige aff├¬re, maar dit┬á verdryf glo die pyn binne 15 minute. Boonop is daar wetanskaplike bewyse dat dit cholestrolvlakke verlaag.

Diegene wat las het van haarverlies kan glo ook baat by heuning en kaneel. Berei ‘n mengsel van warm olyfolie, een eetlepel heuning en een teelepel kaneel voor┬ávoordat jy bad. Masseer dit in jou kopvel in en hou dit vir 15 minute aan terwyl jy bad. Was dit dan af. Jy gaan glo binnekort weer met ‘n┬á blink haardos spog.

Blaasontsteking neem glo ook vinnig die wyk as jy twee teelepels kaneelpoeier en een teelepel heuning saam met ‘n glas louwarm water drink. Dit vernietig blykbaar die kieme wat blaasontsteking veroorsaak. ‘n Pasta van heuning en kaneel wat drie keer per dag aan ‘n seer tand of tandvleis gesmeer word, verdryf glo ook vinnig die pyn. Gereelde inname van heuning en kaneel is glo ook ‘n verkoue se moses.

Ander ontsteldhede waarvoor heuning en kaneel glo met sukses ingespan kan word, is by velontstekings, puisies, sooibrand, halitose, hartkwale, ‘n omgekrapte maag en verharde are. Dit is ‘n bekende feit dat vroue in China en Japan┬á reeds eeue lank glo in die waarde van kaneel as hulle sukkel om swanger te raak. Geen wetenskaplike navorsing is egter nog gedoen om die Oosterse boereraat te staaf nie.

Navorsing wat tans aan die gang is in sommige Amerikaanse ouetehuise, wys wel daarop dat heuning en kaneel ‘n positiewe uitwerking het op bejaardes se bloedsirkulasie.

Maar die beste nuus vir alle vetties: as jy soggens ‘n halfuur voor ontbyt en saans voor slaaptyd een koppie afgekoelde kookwater drink waarin twee teelepels heuning en een teelepel kaneel gekook is, gaan jy glo binne ‘n paar weke al jou oortollige gewig afskud.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster