Dans is terapeuties

Om te dans is nie net ‘n prettige tydverdryf┬ávir senior burgers nie, dit is┬á ook terapeuties. Twee onlangse studies het bevind dat dans ouer mense se balans en algemene beweging dramaties bevoordeel.

“Kreatiewe proaktiewe behandeling soos dansgebaseerde terapie het die potensiaal om te voorkom dat ouer mense maklik val en ernstig beseer word,” s├¬ Jean Krampe,┬á’n geregistreerde┬áverpleegkundige wat by die navorsing betrokke is.

“Die navorsers het bevind dat die vlakke van balans onder senior burgers wat gereeld aan dansterapie deelneem, aansienlik verhoog het en dat┬áhulle op verskeie┬áterreine beter funksioneer as die wat nie daaraan deelneem nie,” s├¬ sy.

Die program bestaan uit ‘n kombinasie van lae-impak danspassies wat op die maat van musiek gechoreografeer word. Na slegs twee maande en 18 sessies kon ‘n duidelik waarneembare verbetering in die deelnemende bejaardes se balans en stapspoed gerapporteer word.

Buiten die fisiese voordele was daar ook ‘n merkbaar positiewe┬á verandering in die deelnemers se lewensuitkyk. Die meeste deelnemers het gerapporteer dat hulle vroliker en minder neerslagtig voel. In Engeland word dansterapie nou ook met groot vrug gebruik om mense wat herstel na kankeroperasies, te behandel.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster