Hope pret by Emerald Resort & Casino

Musiekliefhebbers, eet solank bakkevol mieliepap vir baie krag want op 8 Mei is dit heeltyd speeltyd by Emerald Resort & Casino.

Dit kan ook nie anders nie, want met groot name soos Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Lianie May, Heinz Winkler, Nicholis Louw, Nedine Blom, Elizma Theron, Pieter Koen en die immergewilde Kurt Darren wat van vroegaand tot laatnag musiek gaan maak, wag daar n hoe-energie pretdag op almal.

Drie van die deelnemende kunstenaars, Bobby van Jaarsveld, Kurt Darren en Bok van Blerk is pas met SAMA-toekennings vereer. Kom benut die kans om hul toekennings saam met hulle te vier.

Kom vroeg en oefen solank jou stem-toonlere sodat jy lekker kan saamsing as Bok wegtrek met De La Rey en Ons vir jou Suid Afrika!

Die Dierebeskermingsvereniging is die welsynsorganisasie van die dag en besoekers word aangemoedig om sakke honde- en katkos saam te bring.

Nicholis open die vertoning om 10:00 die oggend, en die aand word afgesluit deur Bok van Blerk en Bobby van Jaarsveld.

Kaartjies kos R80 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 12 jaar. Dit is te koop by Emerald se Aquadome. Skakel 016-982 8175 vir meer besonderhede.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster