Kansa-fondsinsamelingsprojek

VEREENIGING – Kansa doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle fondsinsamelingsprojek te ondersteun.

Trevor Waller, eienaar van Octo’s Hardware in Drie Riviere, het aan Kansa Vaaldriehoek die geleentheid gebied om vanaf 26 April tweedehandse klere en ander items in sy winkel te verkoop.

Kansa nooi die publiek uit om items teen billike pryse aan te koop of om enige verkoopbare items na die winkel te bring as donasie. Die winkel is geleë in die Palmsgebou, Zambesiestraat, Drie Riviere. Enige persoon of instansie wat by die projek betrokke wil raak en vloerspasie vir verkope kan bied, word versoek om Kansa te kontak.

Vir navrae kan die Kansa-kantore in Drie Riviere gekontak word by (016) 423 3506.

Nuusbron: (Mooivaal Media – Ster)