Fotografiese Vereniging lewer pragstukke

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging, tuiste van aktiewe amateur fotograwe, kom elke derde Vrydagaand van die maand byeen op die kampus van die Noordwes-Universiteit (Vaaldriehoek) in die Sentrum vir Telematiese Leer, Samancor-ouditorium, Vanderbijlpark. Klubaande begin om 18:30. Na ‘n interessante praatjie vind die maandelikse beoordeling en bespreking van ingeskrewe foto’s plaas, waarna klublede gesellig kuier oor ‘n koppie koffie.

 Tydens die Oktober-klubaand was die tema Landskap Silhoeëtte en die wenner van hierdie afdeling was Deon Ferreira met Emotions. In die ope-afdeling waar enige foto’s vertoon mag word, is Joey Enslin se foto Cape Vulture as wenner in die senior afdeling aangewys. In die junior afdeling het Werner Nell se foto Misty Stream koning gekraai. Die November klubbyeenkoms het op 18 November plaasgevind waartydens die veelsydigheid van die streek se fotograwe onder die loep gekom het. Hou Vaalweekblad dop vir die klub se November wenfoto’s. Vir meer besonderhede kontak Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za. Besoek ook die webtuiste www.vdbp.co.za vir verdere inligting oor die klub.
Bron:  vaalweekblad.com