VaalOtters hou gesinsdag

Die VaalOtters 4×4-klub beplan op 15 Mei ‘n gesinsdag in samewerking met die Papfeeskomitee van Grootvlei.

Dit sal plaasvind by die Papfeesterrein in Grootvlei en skop om 9:30 af. Die koste is R200 en sluit die 4×4-roete en ‘n hindernisbaan in.

Dit beloof om ‘n opwindende en lekker dag te wees vir die hele gesin.
Vir meer inligting kontak Corné (073 846 4988), Adam (078 457 0952) of Dampies (084 210 2000).

Nuusbron: (Mooivaal Media – Ster)