Enorme wenpampoen trek skaal op 320 kg

SASOLBURG – ‘n Reuse-pampoen van 320 kg het vir Drikus Kleinhans van Sasolburg ‘n maklike oorwinning verseker teen meer as 27 ander pampoengroeiers wat meegeding het om die titel as die Groot Pampoen-kampioen vir 2010.

Die shoprite Checkers Groot Pampoenkompetisie is onlangs by die Freshmark-distribusiesentrum in Brackenfell gehou. Drikus wat ‘n Suid-Afrikaanse rekord opgestel het by die 2008 Groot Pampoenkompetisie met ‘n allemintige 379.5 pampoen, kon nie in 2009 deelneem nie en was dus verheug om hierdie jaar weer te kon wegstap met die kampioenskaptitel sowel as prysgeld van R10 000.

Die tweede prys van R5000 is toegeken aan Bertus Steyn van Sonop, Hamlet se 246 kg pampoen, terwyl sy 209 kg pampoen vir Martin Uys van Melkbosrand in die derde plek geplaas het met ‘n prysgeld van R2000.

Aangesien die Shoprite Checkers Groot Pampoenkompetisie by die Great Pumpkin Commonwealth geregistreer is, word alle pampoengewigte wat by die kompetisie bevestig is, as amptelik erken met betrekking tot internasionale reuse-pampoenrekords.

Nuusbron: (Mooivaal Media – Ster)