Susan Lemmer se boek – Sy is steeds my kind

Susan Lemmer - Sy is steeds my kind Susan Lemmer – Sy is steeds my kind

Koop die boek by www.voelgoedwinkel.co.za

Susan Lemmer is die ma van Cezanne Visser (ook bekend as Advokaat Barbie)

Die grootste geskenk wat n ma van God kan kry is n kind.. Jy raak verlief op die kind vandat jy uitvind jy is swanger. Jy koester jou magie elke dag met baba olie en voel hoe die vel strek soos die baba groei. Dan is dit die groot dag. Sodra die bondeltjie vreugde gebore is begin die taak om te probeer om die beste ma ooit te wees.

Susan Lemmer is een van hierdie ma’s wat nie kon ophou dink wat verkeerd geloop het dat haar dogter, Cezanne Visser die pad byster geraak het nie. Wat kon sy meer doen? Wat het sy verkeerd gedoen? Hoekom was sy nie daar vir haar kind nie? 

Cezanne Visser ook bekend as “Advokaat Barbie” is tot 7 jaar tronkstraf gefonnis vir seksmisdade en die vervaardiging van pornografie van jong meisies onder die leiding en invloed van haar vriend, Dirk Prinsloo. 

Susan Lemmer het n boek geskryf “Ek wil he jy moet weet – sy is steeds my kind” oor die agtergrond van Cezanne Visser se kindertyd, grootword en die daaglikse struwelinge van groot mens wees en hoe dit haar in haar grootmens lewe beinvloed het. 

Susan Lemmer se boek is op die rakke beskikbaar vanaf Maandag 15de Agustus 2011.

Koop Susan Lemmer se boek (Ek wil he jy moet weet – Sy is steeds my kind)┬ávanaf www.voelgoedwinkel.co.za