– Snork is nie altyd onskuldig nie

VANDERBIJLPARK. – Om een of ander rede aanvaar ons dat snork maar deel is van die lewe. Wie sou ooit kon raai dat daar iets meer sinister agter die snorkery skuil?

Volgens Adele Duvenage, ‘n privaat verpleegpraktisyn met wie Vaalweekblad gesels het, is die snork, stilte en dan die gehyg na asem soos ‘n dief in die nag, een wat ongemerk lewens beïnvloed.

Dit is wanneer jy vir omtrent tien sekondes, somtyds tot twee minute nie kan asemhaal nie dat die skade aangerig word.

Die periodes waar jy nie asemhaal nie, word obstruktiewe slaap-apnee (OSA) genoem.

Volgens haar is die groot oorsaak dat die spiere in die keel verswak en dus die tong laat terugval, wat veroorsaak dat jy nie kan asemhaal nie.

Jou liggaam kan dus nie genoeg suurstof kry nie. Die verlies aan suurstof veroorsaak dat jy uit diep slaap na ΓÇÿn ligter slaap kom, of ΓÇÿn periode van wakker wees om normale suurstofvlakke te herstel.

Wat voel soos baie ure van slaap, is werklik net ΓÇÿn mallemeule van slaap en wakker wees.

“Gelukkig is nie alle snorkers slaap-apnee lyers nie. Mense van alle ouderdomme kan egter snork, kinders ingesluit. Apnee is veral teenwoordig by mense in die ouderdomsgroep 40 tot 60 jaar en is deel van die verouderings-proses,” s├¬ sy.

Twee keer meer mans snork as vroue. Snork veroorsaak gewoonlik net probleme vir die ΓÇÿsnorkerΓÇÖ nie, maar affekteer jou lewensmaat, huisgesin, selfs die bure as dit hulle wakker hou!

Die snorker sal dit natuurlik ontken, want hy hoor dit nie. ‘n Oplossing is natuurlik om dit op band op te neem terwyl hy snork. Dit sal die argument stopsit. Om ‘n snorker in die huis te hê, is dieselfde as om te probeer slaap terwyl iemand besig is om gate in die mure te boor.

Wanneer jou vrou (of man) in die spaarkamer gaan slaap, is dit hoogtyd dat jy ΓÇÿn oplossing vir jou slaapprobleem vind. Jou emosionele gesondheid is net so belangrik soos jou fisiese een.

Tekens wat die teenwoordigheid van obstruktiewe slaap-apnee aandui:

* As jy snak na asem, snork of verstik gedurende slaap.

* Swak konsentrasie en -geheue, slegte humeur, geïrriteerdheid, angstigheid, ‘n lae libido en terneergedruktheid.

* Nagsweet, toename in gewig, droë mond of ‘drooling’.

* Kopseer wanneer jy wakker word en soms in die aand net voor slaaptyd is nog simptome van hierdie toestand.

Volgens Duvenage word dit gesien as ΓÇÿn lewenstyl-siekte as gevolg van onaktiwiteit, TV speletjies, kitskos en al die euwels van ΓÇÿn moderne lewe.

Die wanopvatting is dat jy gewig moet verloor voor behandeling. Dit is ongelukkig baie moeilik omdat mense wat aan hierdie toestand ly, gewoonlik te moeg is om oefening te doen. In plaas daarvan probeer jy om die moegheid weg te eet, wat natuurlik die apnee erger maak.

Vandag word obstruktiewe slaap-apnee met meer ernstige lewensbedreigende toestande verbind, onder meer hoë bloeddruk, tipe II diabetes, hoë cholesterol, hartversaking, hart-aanvalle, beroerte, en depressie.

Besoek www.snoresister.co.za of skakel Adele by 084 578 8102 vir meer inligting.
Bron: vaalweekblad.com