Kommunikasie is baie belangrik

VANDERBIJLPARK. – Die meeste mense onderskat kommunikasie en beskou dit as ΓÇÿn eenvoudige proses, terwyl dit eintlik ΓÇÿn komplekse proses is wat deur verskeie vorme van ΓÇ£ruisΓÇ¥ belemmer kan word.
So sê mnr. G.P. van Rheede van Oudtshoorn, ‘n kenner van die Noordwes- Universiteit,  wat lede van die Vanderbijlpark Sakekamer onlangs oor die noodsaaklikheid van goeie kommunikasie in die besigheidskonteks toegespreek het. Hy sê om van die skynbare eenvoudige tot uitmuntende kommunikasie te beweeg, moet die sender van die boodskap fokus op die verbetering van drie elemente:
1. Beter kommunikasie wat beter verhou-dings veroorsaak
2. Persoonlike kommunikasiestyl
3. Strategiese kommunikasie
In die geval van organisatoriese kommunikasie is strategiese kommunikasie van groot belang omdat dit teweegbring dat die kommunikasie in die onderneming na behore aandag ontvang.
“Sakeleiers behoort daarop te fokus dat hul kommunikasie-aksies werklik waarde het vir die organisasie en dat dit die waardes en visie van hul ondernemings reflekteer,” sê van Rheede van Oudtshoorn.
“Om kommunikasie te verbeter, is noodsaaklik. Boonop is die sukses wat uit uitmuntende kommunikasie volg, aansteeklik genoeg dat die sakeleier daarna weer-en-weer tyd en energie sal belê om uitmuntend te kommunikeer.”

Bron:  Vaalweekblad