Projek skop af met geldelike beloftes

VANDERBIJLPARK. ΓÇô Die Wings for Life-projek het afgeskop met geldelike beloftes van R38 000 tydens die Emerald Kaas- en Wynskou.

Die projek ter ondersteuning van die skool vir serebraalgestremde kinders by die Duitse Kerk in Boswellstraat, sal onder meer gebruik word om onderriggeriewe aan sowat 30 gestremde kinders te bied.
Sakelui van die Vaaldriehoek insluitend media-vennote in die Vaaldriehoek (MooiVaal Media, IFM 102.2 en 90.6 DM Stereo), Arcelor Mittal, Clotan Steel en die Rotaryklubs Riverside en Vanderbijlpark is verbind tot die sukses van die gemeenskapsprojek.
Volgens mev. Margaret Dippenaar is sowat R2 miljoen nodig vir die projek waarvan boukoste die grootste gedeelte behels. Mnr. Danie Joubert van Clotan Steel bevestig dat die maatskappy gerekenariseerde profilering van die staalrame sal doen, wat tot op die millimeter akkuraatheid sal meebring.
Die bouplanne is deur Hage Projects, ΓÇÿn plaaslike ingenieursmaatskappy ontwerp en die werk kan begin sodra genoeg fondse vir die bouwerk ingesamel is.
Volgens mnr. Gert Visser, ΓÇÿn woordvoerder van Hage Projects, sal die nuutste ΓÇ£Light Steel FrameΓÇ¥konstrukise-tegnologie gebruik word om die gebou op te rig. Alle kabels en waterpype word terselfdertyd in die staalraam ingerig, waarna die pleister-gedeelte volg. Dit sal bestaan uit ΓÇÿn polistireen kern wat besonder goeie isolasie-eienskappe bied en duursaam is.
Vaaldriehoekse sakelui word genooi om geld te skenk in die Wings For Life R2-miljoen-projek wat van Julie tot November deur al die media-vennote geloods word.
Geldelike bystand is reeds beloof deur die Emerald Resort & Casino, Waterfront Country Lodge, Model Drankwinkel en Riverside Hotel.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad