Ou R200 note nie langer aanvaar nie

VANDERBIJLPARK. – Verskeie ondernemings in die Vaaldriehoek het onlangs geweier om die ou R200-note van kopers te ontvang, al was dit nie vervals nie.┬á Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank versoek het dat al die R200-note wat nog deel van die ou reeks was, ingetrek moet word.┬á

Die gevolg hiervan was dat ‘n inwoner van Vaalpark, mnr. Ernie Beyleveldt, onlangs nie sy R200-note kon gebruik om goedere by ‘n plaaslike winkelsentrum aan te koop nie.
“My swaarverdiende salaris wat ek by die Standard Bank kitsbank in R200-note getrek het, is by elke onderneming as ook by ‘n motorhawe geweier,” s╦å Beyleveldt.
“Dit lyk vir my asof ek meer van geld af weet as hulle. Hulle kan nie eens die verskil tussen regte note en vervalste note sien nie,” s╦å hy.
Volgens Beyleveldt was dit vir hom baie ongerieflik om al die pad na Sasolburg en Vanderbijlpark te ry om die R200-note wat hy by die betrokke kitsbank getrek het, om te ruil.
“Die enigste rede waarom ek van die kitsbank gebruik maak, is omdat ek nie na die bank toe wil ry nie, maar aan die einde van die dag moes ek dit in elk geval doen om die geld om te ruil,” s╦å hy.∩┐╜
Die aksie van die Reserwebank om die R200-note in te trek is die gevolg van die invloei van die ou reeks vervalste R200-note.
“Die Reserwebank was bekommerd omdat ‘n relatief hoΓÇ░ kwaliteit vervalste R200-note van die ou reeks onwettig in sirkulasie was,┬á s├¬ Samantha Henkeman, ‘n woordvoerder van die Reserwebank. Volgens haar word die aangeleentheid tans ondersoek.∩┐╜
Die Reserwebank versoek lede van die publiek om hul ou R200-note by hul naaste kommersi‰le bank om te ruil. Dit moes verkieslik voor die einde van Mei gedoen word. �
“Note van die ou reeks kan tans net by die Reserwebank se takke omgeruil word,” s╦å Henkeman.
Gabisile Ngcobo van Vanderbijlpark moes ook bank toe gaan om haar geld om te ruil, nadat ‘n Standard Bank kitsbank vir haar R200-note van die ou reeks gegee het.
“Toe ek geld getrek het, het ek twee R200-note gekry,” s├¬ sy. Ek het dit toe na Standard Bank in die dorp teruggeneem en hulle het dit vir R100-note omgeruil sonder om enige vrae te vra,” s├¬ sy.
Volgens Henkeman word die nuwe reeks R200-note wat die handtekeninge van die voormalige president van die Reserwebank, Tito Mboweni en die huidige president, Gill Marcus het, nie deur die vervalsingsprobleem geraak nie.  

Hoe om ‘n vervalste R200-noot te identifiseer:
*Die Reserwebank wil graag hˆ dat die publiek ingelig moet wees oor sekere sekuriteitskenmerke op banknote en dit moet ondersoek waneer hulle dit ontvang.
“Moenie skroom om ‘n banknoot wat jy ontvang, teen die lig te hou nie. Kyk goed na die noot en maak seker dat dit die regte kenmerke het,” s╦å Henkeman.
Op die nuwe reeks R200-note is die Suid-Afrikaanse “Coat of Arms” prominent in die voorste linkerhoek, op die blink strook op die agterkant en as ‘n holografiese beeld in die sekuriteitsdraad.
Jy moet ook die woorde SARB, RAND en die nommer 200 in die sekuriteitsdraad sien as jy die banknote in die lig hou.
Die watermerk wat ook die nommer 200 het, is kleiner op die nuwe banknote. As dit teen die lig gehou word, moet die nommer duidelik sigbaar wees.
The nommer regs onder aan die voorkant van die noot, is in ink gedruk wat van magenta na groen verander wanneer dit getilt word.
Die nuwe R200-noot moet ook vyf diamantjies op die voorkant hˆ. Dit help blinde mense om tussen die verskillende banknote te onderskei.
Die woorde “South African Reserve Bank” verskyn in mikro letters  aan die linkerkant van die luiperd se oor.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad