PLAASLIKE PENSTEKERS PRESTEER

VANDERBIJLPARK – Marnus en Juan van Wyk van Mooiwater-klub het onlangs in Bethlehem aan die SA Pensteek kampioenskap deelgeneem. Juan is as die beste ruiter by die kampioenskap gekroon. Marnus en Juan was ook die beste in halfseksie (twee ruiters) en eerste in spanverband.

Hulle het ook eerste plek in die halfseksie lans en tweede plek in die halfseksie swaard behaal. Juan het ‘n derde plek in die enkel swaard verwerf.

Dié tweemanskap se welslae het vir hulle plekke in die Nasionale o.19-span verseker wat vroeër vanjaar teen Pakistan in Jacobsbaai deelgeneem het. Om die kersie te kroon is Marnus as kaptein en Juan as onderkaptein van die span gekies.

Marzelle van Wyk (Mooiwater-klub) ) is vir die President-meisiespan gekies en JJ van Rooyen (Loch Vaal- klub) is vir die Presidentspan gekies.

In Augustus het die nasionale o.19-span weer teen Pakistan deelgeneem en gewen. Marnus het ‘n eerste plek in behendigheid met wapens asook ring en pen verwerf. Juan het eerste met enkel lans geëindig. Die tweemanskap het eerste in halfseksie lans geëindig. Hulle het ook eerste plekke in seksie, lans, swaard en Indiese gelid lans, swaard verwerf

Source: Vaalweekblad.com