NUWE TERREIN VIR AARDKLOP

POTCHEFSTROOM. – Die Clover Aardklop Nasionale Kuntefees word vanjaar van 24 tot 28 September by die NWU Pukke se sportgrond aangebied.

Die konserte wat van die Maandagaand tot die Saterdagaand gedurende die fees aangebied gaan word, is die Virseker/Beeld Afskopkonsert; Braai Some More; Riders from the Storm; Smokie @ Aardklop; Pussycat, Steve en (Afrikaanse) vriende en dieVirseker/Rapport Saterdag-opskop.

“Die pryse van dagkaartjies vir die feesterrein (oop van 24 tot 28 September) wissel van R90 tot R120 vir volwassenes en van R50 tot R70 vir kinders. Dié kaartjiepryse is van toepassing vir algemene toegang tot die terrein, wat die aand se konsert insluit –  ’n hele dag met lekkernye en snuisterye wat te koop is en ’n musiekfees soos min.

Die volledige feesprogram is op die webwerf www.cloveraardklop.co.za. Kontak Chrizanda van Wyk by chrizanda@aardklop.co.za of 084 831 3142 vir meer besonderhede.

Source:  vaalweekblad.com