GROOT SEILJAG-KAMPIOENSKAPPE LOK 100E BOTE

DENEYSVILLE. – Twee nasionale seiljag-kampioenskappe word binnekort deur die Deneysville Aquatic Club aangebied.

Van die land se beste seiljagvaarders trek saam van 9 tot 11 Augustus om aan die Noordelike Kielboot-assosiasie se Nasionale Kampioenskappe deel te neem. Dié wedvaart, wat oor drie dae plaasvind, sal deelnemers op voorgeespoed en ‘n minimum-aantal rondes beoordeel. Indien die weersomstandighede gunstig is, kan deelnemers aan meer rondes deelneem om punte te verbeter.

Die jaarlikse kielbootweek word van 21 tot 24 September aangebied. Twee nasionale kampioenskappe word terselfdertyd onderskeidelik in die Stadt23- en Formule 1-klasse aangebied. Die groter seiljagte wat in die Big Boat Regatta deelneem sal vir goeie fotogeleenthede sorg.

Meer as 100 seilbote word vir dié geleenthede verwag, wat terselfdertyd as oefensessie vir die 2014 J22-wêreldkampioenskappe sal dien. Skakel (016) 371-1294 of stuur ‘n epos aan manager@dac-club.co.za vir meer besonderhede.

Source:  vaalweekblad.com