Mittal atlete tem Rhodes wedloop

 
  
 
VANDERBIJLPARK. – Vier  lede van die ArcelorMittal Atletiekklub het onlangs aan die uitdagende Rhodes Trail Run oor 52 km deelgeneem.
  Bossie Boshof (ArcelorMittal Atletiekklub Saldanha), Dirk Taljaart, Sibylle Engelbrecht en Malie van der Walt (ArcelorMittal Atletiekklub Vanderdbijlpark) het die koue en sneeu trotseer en die wedloop in die toegelate tyd van nege ure voltooi.
Die kwik het tot minus 10 grade Celsius gedaal en dit was bitter koud. Vanweë al die sneeu het die bergstrome redelik sterk gevloei en die atlete moes gedwonge ‘n paar keer deur die Bellrivier gehardloop het. “Naderhand voel jy nie meer die koue nie, want jou voete gaan dood,” vertel Van der Walt. 
Die roete gaan deur onherbergsame dele van die Drakensberge en langs die Lesotho grensdraad op tot by Mavisbank. Volgens Van der Walt was groot dele van die roete toe onder sneeu en plek-plek was die roete glad en gevaarlik. Selfs van die waterstrome was gevries en moelik om oor te gaan.   
“Daar was vyf inloerpunte op die roete om seker te maak die 300 atlete verdwaal nie op die roete nie. Dit was ook slegs by dié punte waar daar drink- en eetgoed beskikbaar was, omdat voertuie nie oral op die roete kon uitkom om die waterpunte te beman nie. Elkeen moes dus sy eie kos saamdra.
ΓÇ£Elke atleet het ook ΓÇÿn ΓÇ£spaceblanketΓÇ¥ en fluitjie gekry, wat verpligtend was om met jou saam te neem.ΓÇ¥
Atlete ontvang slegs op uitnodiging ‘n nommer om aan die wedloop deel te neem. Die  waglys vir nommers is sewe jaar om in aanmerking te kom om aan die gesogte maar uitdagende wedloop deel te neem.
Bron:  vaalweekblad.com