Nooit te oud om te leer nie!

 
  
 
Meidjie van die Vaaldriehoek skryf:
Leerlinglisensie op 70-jarige ouderdom? Daar is ΓÇÿn Afrikaanse spreekwoord wat lui: ΓÇ£n Mens is nooit te oud om te leer nie.ΓÇ¥. Baie waar.
Slegs my pa het ΓÇÿn bestuurslisensie gehad – nie my ma nie. Met die afsterwe van my pa was my bejaarde staatspensioenaris-moeder in ΓÇÿn situasie geplaas waar sy in ander se o├½ moes kyk om ΓÇÿn saamrygeleentheid te kry kerk, dokter of dorp toe.
Haar kleinseun het geweet sy ouma is gesond, helder van verstand, hardwerkend en glad nie dom nie.
Die afgelope maand van Vrydag tot Maandag het hy haar padtekens en nogmaals padtekens geleer.
Vandag het sy en nog 17 ander jongmense hul leerlinglisensies gaan skryf. Slegs drie het hul leerlinglisensie gekry waarvan my ma een was.
Dankie vir mammie se harde leerwerk en my seun se geduld om sy ouma te leer, maar die grootste dankie gaan aan die Vader daar bo. Dankie Here!
Bid almal asseblief nou saam met ons vir haar bestuurslisensie. Ons sal almal spoedig laat weet wanneer sy dit gekry het!
Bron:  vaalweekblad.com