Lorraine Groenewald nuwe DA kandidaat

VANDERBIJLPARK – Die DA┬á se kandidaat vir die munisipale tussenverkiesingop 25 Augustus in Wyk 5┬á Vanderbijlpark, is Lorraine Groenewald, ‘n inwonder van Emfuleni vir die afgeloper 34 jaar.

Lorraine is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres wat spesialiseer in wiskunde-onderrig. Sy het reeds aan die hoof van verskeie werkskepping- en opleidingsprojekte gestaan en is aangewys as een van die finaliste vir Sakevrou van die Jaar deur die Beroeps- en Sakevrouklub van die Vaaldriehoek. Tans tree sy as motiveringspreker en konsultant op.

Die vakature vir ‘n raadslid vir die wyk, Vanderbijlpark SW5, SW5 Proper, SE2 en Mantevrede-landbouhoewes, het ontstaan vanwe├½ die bedanking van die vorige sittende raadslid, mev. Caroline Rabie.

Inwoners van die gebied wat nie in die area geregistreer is nie, sal die geleentheid kry wanneer die OVK registrasies doen in die vier stemlokale: Hoërskool Driehoek, Laerskool DF Malherbe, die Vanderbijlpark Posduifklub en by die  tydelike stemlokaal langs die Riverside Hotel. Registrasies sal plaasvind op 17 en 18 Julie.

Die verkiesing self sal plaasvind op 25 Augustus 2010. Die registrasielokale sal ook dien as stemlokale en sal oop wees vanaf 07:00 tot 21:00.

Die DA doen ‘n beroep op nuwe intrekkers in die gebied om te registreer en op alle kiesers om sy of haar stem op 25 Augustus uit te bring.

Nadere besonderhede oor die verkiesing is beskikbaar by (016) 932 2538 of 083 269 3899

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster