Hoogtepunt om self kansel toe te kan stap

VANDERBIJLPARK.

Albei sy bene is geamputeer en hy kan n boek skryf oor die vele terugslae wat hy reeds beleef het, maar Francois Zietsman (39) het op 7 Oktober n hoogtepunt beleef toe hy self na die kansel kon stap, waar sy pragtige bruid, Zammy Bolinsky, op hom gewag het.  As 18-jarige was Francois in ΓÇÿn ernstige motorongeluk betrokke waarin hy onder meer gesigbeserings opgedoen het.  Hy is eers na agt maande en meer as dertig operasies ontslaan. Die einde van sy terugslae was egter nog nie in sig nie. Sowat twee jaar na die ongeluk het Francois n stramheid in sy lyf opgemerk en hy het begin om erge pyn te ervaar.

Hy is uiteindelik gediagnoseer met rumatoede artritis, as gevolg van n foutiewe bloedoortapping na die motorongeluk.  Hieraan kon die dokters niks doen nie en hulle moes ses tot agt jaar wag vir die siekte om homself uit te woed.  Die skade was egter permanent, en Francois moes  n heup- en knievervanging ondergaan. n Paar jaar later het sy liggaam die knieprostese verwerp en n infeksie veroorsaak wat so erg was dat dit na sy heup versprei het. Albei prosteses moes verwyder word. Die gevolg hiervan was dat Francois nooit weer sou kon loop nie.

Maar Francois het besluit en geglo dat hy wel weer sal loop.

Sy been moes geamputeer word en n kunsbeen is deur n staatshospitaal verskaf, maar dit was te swaar en hy kon nie daarmee oor die weg kom nie. n Rolstoel was die enigste uitweg.  Jare later het Francois die moeilike besluit geneem om sy regterbeen ook te amputeer, aangesien die been onbruikbaar geraak het van te min beweging.  Twee kunsbene sou sy laaste hoop wees om weer te kan loop.

Na die amputasie het Francois geld begin insamel vir die kunsbene (R55 000 elk), maar daar het nog n uitdaging oor die diep gelowige man se pad gekom. Hy het n man ontmoet wat dringend n beenoperasie benodig het en dit nie kon bekostig nie, en Francois het gevoel dat hy die man moes help en toe maar weer van voor af met sy eie fondsinsameling begin.

Toe gebeur n wonderwerk  die vierde persoon by wie Francois n kwotasie vir die kunsbene gaan vra het, het aangebied om dit gratis vir hom te gee.  Francois en Zammy het mekaar vier jaar gelede ontmoet toe hulle altwee n seminaar by die kerk bygewoon het, en daar was dadelik n spesiale konneksie.  Die tweetjies het albei hulle vrese gehad, maar kon dit opsy skuif en mekaar beter leer ken. Uiteindelik het Francois die groot vraag langs die Vaalrivier gevra.

En hierdie maand, byna twee jaar later, het hulle om 06:00 die oggend by die Feathers Gastehuis ewige trou aan mekaar belowe  dit terwyl Francois, te danke aan sy kunsbene, sy bruid in die oe kon kyk.  Die egpaar het hulle wittebrood by die Wits End Mountain Resort (www.witsend.co.za) in die Drakensberge geniet. Die oord het hierdie viering van hulle huwelik gedeeltelik vir Francois en Zammy geborg.
*Vir meer oor Francois, besoek sy webtuiste by http://www.myprayer.co.za.
Bron: vaalweekblad.com