GRIEKWAS WEER TE STERK VIR LUIPERDS

Die Griekwas het die Luiperds XV-tal Saterdagmiddag in Klerksdorp met ‘n oorwinning van 32-8 sonder seremonie uit die Vodacomreeks geboender.

Dit was die Luiperds se swakste vertoning van die seisoen en Griekwas se negende agtereenvolgende oorwinning in die Vodacom oor die Luiperds.

George Tossel het agter ‘n alleenstryd gevoer en voor het SJ Niemand sy goeie vertonings die afgelope ruk opgevolg.

Punte: Griekwas: Drieë: Gouws Prinsloo, Ederies Arendse, Leon Karemaker, Burger Schoeman. Doelskoppe: Prinsloo (3). Strafdoel: Prinsloo. Skepdoel: Rocco Jansen.

Luiperds: Drie: George Tossel. Strafdoel: Gehard Nortier.

Source: Vaalweekblad.com