ESKOM KONDIG BEURTKRAG AAN

Eskom het vanoggend aangekondig dat hy roterende beurtkrag vanaf 08:00 vanoggend sal toepas volgens gepubliseerde beurtkrag skedules wat beskikbaar is op http://loadshedding.eskom.co.za/ (vir Eskom-kliënte). Munisipale kliënte sal hul eie munisipaliteite moet skakel vir die korrekte beurtkragskedules. Mense is gevra om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en dringend geysers, swembadpompe en alle nie-noodsaaklike elektriese toebehore af te skakel. Die vooruitskattig was dat beurtkrag tot 22:00 vanaand toegepas sal word. As die nodige elektrisiteitsbesparing gekry word met die samewerking van gebruikers, kan beurtkrag-skedules dalk vroeër gestaak word. Eskom het vanoggend 06:00 ‘n noodtoestand afgekondig en gevra dat groot elektrisiteitsgebruikers 10% kragverbruik sal spaar. Kragvoorsiening is onder druk geplaas weens die nat weer sedert die naweek  wat bygedra het tot tegniese probleme vir Eskom.

Source: Vaalweekblad.com