DAMES-ONTBYT SAAM MET ELZABÉ BERLING

Faye Scheepers, een van Dink en Doen se nuwe lede, het op ’n besondere wyse gedemonstreer hoe om serpe te brei met ’n besondere wol wat sy eiesoortige patroon maak, en kyk hoe slaggereed is die dames om te begin brei.

VANDERBIJLPARK. – Die Dink en Doen-damesklub Vanderbijlpark het op 13 Maart ’n heerlike ontbyt op die hoewe van mnr. Boet Brits geniet.
Elna Brink het hierdie ontbyt onder ’n pragtige lapa met lowergroen grasperk bedien en die dames het heerlik gesmul en nuwe brei-vaardighede aangeleer.
Daar is ook lekker gelag vir die humoristiese praatjie deur Elzabé Berling.
Die Dink en Doen-klub vergader weer op 10 April om 10:00 by die Cecil Oldridge-rolbalsaal in Vanderbijlpark.
Nuwe lede is baie welkom. Vir meer inligting kontak Johanna Taute by 082 331 6387 of Ria du Preez by 082 821 1437

Bron:  vaalweekblad.com