VANDERBIJLPARK. – Die room van die Hoërskool Transvalia se atletiekkorps het onlangs die skool en die Vaaldriehoek met onderskeiding tydens die gesogte Noordheuwel Top 10-byeenkoms en Tuks Top 10-byeenkoms verteenwoordig.
By die Hoërskool Noordheuwel se Top 10 het Transvalia die negende geëindig uit die 35 spanne en skole wat deelgeneem het. Valia het met ‘n gemiddelde Absa-punt van 825 die beste van al die Vaaldriehoekse skole gevaar en was ook die enigste skool van die Vaal in die Top 10. Twee sporte bo Valia was Helpmekaar en Dr. EG Jansen wat onderskeidelik met gemiddelde punte van 826 en 827 punte gespog het.
Monnas wat die byeenkoms gewen het, het met ‘n gemiddeld van 909 gespog. In die Jakarandastad het Valia agtste geëindig met ‘n gemiddeld van 943 ‘n skamele punt agter Paarl Gimnasium.
Bron: vaalweekblad.com