Besige Stefan besoek VSA

VANDERBIJLPARK. – Een van die Ho├½rskool Transvalia se spog-leerlinge, Stefan van der Westhuizen (17), het die afgelope skoolvakansie ‘n Internasionale Mediese Jeugberaad in Baltimore in die Verenigde State van Amerika bygewoon.
Dié graad 11-leerling was een van slegs twee Suid-Afrikaners wat genomineer en aanvaar was om die beraad by die befaamde John Hopkins Mediese Universiteit in Baltimore, Maryland by te woon. Keuring berus op uitstaande akademiese en skool-prestasies, gemeenskapsbetrokkenheid en leierskappotensiaal.

“Ek het geleer dat om as ‘n leier gereken te word baie meer as net ‘n gesogte titel is. Dit behels die vermo├½ om selfverandering mee te bring in plaas daarvan om daarvoor te sit en wag!” s├¬ Stefan.
Hy is aktief betrokke met gemeenskapsdiens en het juis die week voor sy vlug na die VSA, met die hulp van Habitat For Humanity, eers ‘n span saamgestel wat huise in Orange Farm moet oprig.
Met al dié ekstra bedrywigheid is dit moeilik om te glo dat dié jong man tien vakke het en boonop in al tien onderskeidings behaal.
Behalwe vir sy akademiese hoogtepunte presteer Stefan ook op verskeie ander gebiede. Hy is onlangs vir die tweede keer aangewys as wenner van die ATKV Suid-Gauteng se uitdunronde en sal weer eens die streek verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Augustus by Buffelspoort plaasvind.
Stefan is ook besig met voorbereidings vir sy Finale Unisa- klaviereksamens wat hy van plan is om aanstaande jaar te voltooi.
Hy was ook vroeër vanjaar tyden die skool se Mnr. en Mej. Valia-kompetisie as die die tweede prins én Mnr. Persoonlikheid aangewys.
Stefan is die sub-redakteur van die skoolkoerant, speel vir die skool se eerstespan waterpolo, debatteerder, slimstreke-wenner, toneelspeler … die lys gaan aan!
Hy mag dalk aan al die aktiwiteite deelneem ├⌐n presteer, maar sy droom is om ‘n kardiotorakale chirurg te word.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad