Alle matrose aan boord

MEYERTON. – Die leiers van die Juventus Privaatskool het onlangs op eie inisiatief besluit om fondse in te samel vir maats wat nie genoeg geld het om die skool se beplande seekamp mee te maak nie.

Die leiers se leuse is: “Geen matroos sal agterbly nie!” Hulle het self besluit om die Rooi Rok Bokkie-konsert op te voer en die leerlinge het dadelik ingestem. Hulle moet 600 kaartjies verkoop om al die matrose seekamp toe te vat.
“Dit is vir ons as skool ‘n voorreg om leerlinge te h├¬ wat eie inisiatief kan neem, maar eerstens omgee vir hul maats,” s├¬ mev. Izelle van den Bergh, hoof van skool.
Die Rooi Rok Bokkie-konsert vind plaas op 13 Augustus by die Vereeniging-stadskouburg. Kaartjies is teen R70 beskikbaar by die skoolkantoor. Kontak hulle by (016) 363-1504 of 073 5400 983.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad