Vyftig rolstoele bring beweging en vryheid

VANDERBIJLPARK – Afgevaardigdes van die vyf Rotaryklubs in die Vaaldriehoek het onlangs welwillende donateurs vanuit Engeland verwelkom in een van die┬áprominentste gemeenskapsprojekte oor internasionale grense heen.

Die projek waartydens rolstoele in verdienstelike gevalle uitgegee is, het ook ‘n vlotvaart vir die hulpbehoewendes op die Spirit of Jen by Stonehaven on Vaal ingesluit. Die skenker van die rolstoele, Judith Pearson van Engeland, vertel dat sy besluit het om haar┬á50ste verjaarsdag te vier met┬á’n pretdraf vir haar vriende waarmee┬áfondse vir die Vaaldriehoek-rolstoelprojek aangekoop kon word. “Die rolstoele is baie duur en ek was baie bly toe die fonsinsameling ‘n groot sukses was en ons 50 rolstoele kon koop, het sy tydens die oorhandiging ges├¬.

Die egpaar, Judith en Geoffrey Pearson, is deur Milton en Elaine Frary, Rotarylede vanuit Engeland na Suid-Afrika gebring vir die oorhandiging van die rolstoele en uitruiling van klubbaniere ter ondersteuning van internasionale samewerking om armoede-verligting in gemeenskappe te bring.

Nuusbron: (Mooivaal Media – Ster)