Spurs maak harte oop

VANDERBIJLPARK. – Die El Paso- en Amigo-Spurs in Vanderbijlpark het onlangs gesamentlik hul harte oopgemaak en uitgereik na leerlinge van die Laerskool Oospark. Heelwat gesinne in di├⌐ skool se gebied kry tans finansieel swaar weens die ekonomiese insinking en baie ouers se werkloosheid.

“Sommige kinders kom skool toe met leë magies en moet by die huis beurte maak om te eet,” het mev. Madelein Yacumakis, koördineerder van die voedingskema, gesê. “In sommige gevalle is die ete wat die kind daagliks by die skool ontvang, sy of haar enigste ete vir die dag. Die kospakkies help leerlinge om meer doeltreffend tydens hul daaglikse onderig te leer.”
Op Vrydag 10 September het Spur hul harte oopgemaak deur aan 80 leerlinge hamburgers en ΓÇÿn koeldrank uit te deel.
“Dit is wonderlik om te sien hoe die kinders se gesigte ophelder wanneer hulle die hamburgers ontvang,” het Johan Beneke, bestuurder van Spur gesê. “Dit is terselfdertyd ‘n nederige ervaring vir ons, want dit wat ons as vanselfsprekend ervaar, beteken die wêreld vir meeste van die kinders.”
Vrydag was die eerste keer wat Spur dié projek aangepak het, maar hulle hoop om in die toekoms weer voedsel uit te deel en nog borge vir die koskas daar te stel.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad