Rooi gesigte vir sekuriteitsmense

ΓÇÿn Bekende sekuriteitsmaatskappy se personeel was onlangs in ‘n groot verleentheid toe hul voertuig voor ‘n Vaaldriehoekse winkel waar hulle geld moes oplaai, gaan staan het en nie weer wou aanskakel nie.

Volgens Jeanene Oosthuizen wat die meegaande foto geneem het, kom die voertuig elke oggend om geld te kom haal by een van die winkels in ‘n plaaslike sentrum.
“DiΓÇÜ oggend was glad nie anders nie, behalwe dat die voertuig nie weer wou ry nie. Die karwagte moes help stoot en later het hulle ΓÇÿn draagbare battery gaan haal. Hulle het ten einde laaste die trok aan die gang gekry, ‘n ent gery en weer voor die winkel kom stop. Die wag het iets uit die trok gehaal en teruggehardloop in die winkelsentrum in. What a joke!” s╦å Jeanene.

Nuusbron: Mooivaal media – Vaalweekblad