Publiek wil meer weet oor onkoste

 
 
Heelwat mense het onlangs in die sms-rubriek gekla oor hoe veeartskoste om diere te laat steriliseer asook die koste van Çÿn algemene ondersoek. Verwys ook Vaalweekblad van 4 Mei 2011.
Ek wil graag hierop reageer. Ek het ook onlangs navraag gedoen oor die koste van sterilisasie van n Jack Russel-teef en vir my is gese dat dit R1 000 plus sou wees, afhangende daarvan of die teef op hitte sou wees al dan nie.

n Sekere welsynsorganisasie vir diere in die Kaap vra donasies van R500 per hond en se dit is wat die koste is om diere te steriliseer in Khayelitsha waar hulle die arm mense help wat dit nie kan bekostig nie.
Vir duidelikheid en om vir mense aan te dui doen ek n beroep op veeartse om vir ons te verduidelik hoe die koste beraam word wat hulle hef om n dier te steriliseer.

As dit vir ons almal duidelik is, sal die kritiek teen veeartse oor hoe koste nie meer geldig wees nie. Is daar veeartse in die Vaaldriehoek wat vrywillig hulle dienste aanbied om diere van die minder gegoede gemeenskappe kosteloos te steriliseer of selfs teen n verminderde tarief?
Daar is soveel ongewenste diere, wat veral druk op die DBV plaas, dat n plan van aksie gerus geloods kan word om die diere te steriliseer.
Is daar iewers iemand wat kan help?
Bron: vaalweekblad.com