VANDERBIJLPARK. ΓÇô Die Waterfront Country Lodge bied ΓÇÿn sespak uitsoek Painted Wolf-wyne aan ΓÇÿn gelukkige leser van Vaalweekblad. Beantwoord ΓÇÿn maklike vraag wat weekliks in Vaalweekblad verskyn en SMS die antwoord na 41913 om ΓÇÿn kans tydens die gelukkige trekking te staan. Die week se vraag is: waar word Painted Wolf-wyne aangebied?
Sarie van den Berg
VANDERBIJLPARK. Die Waterfront Country Lodge is een van die Vaaldriehoek se gesogte kuierplekke op die Vaal Meander se jaarlikse wynroete.
Van die wyne wat teen R20 geproe kan word, is Painted Wolf-wyne, ΓÇÿn wynreeks wat ten bate van die oorlewing van die Afrika-wildehond verkoop word.
Die wyn is ontwikkel deur Jeremy Borg, ΓÇÿn bekende wynmeester in die land.
“Ons doel is om deur middel van die wyn se verkope bewustheid te kweek en om ook ‘n gids saam te stel waar die wilde honde in die land voorkom sodat alle inwoners baat by die projek vind,” sê Emma Borg van die wynlandgoed.
Painted Wolf Wines word tans aangebied in Suid-Afrika, Verenigde State, Kanada, Botswana, Brazil en ΓÇÿn Europese internetverkoopgerief.
ΓÇ£Kyk uit vir die wyne Madach, Lekanyane, the Pack en Penny (ΓÇÿn puik Swartland Viognier) wat tydens die wynroete by die Waterfront Country Lodge elke Saterdag en Sondag van 12:00 tot 18:00 van 11 Junie tot 25 Julie aangebied word.
Skakel Emma Borg by 083 864 6169 of kontak haar per epos om meer oor die projek te leer by emma@paintedwolfwines.com This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Die wynroete is oop elke Saterdag tot Sondag tussen 12:00 en 18:00.
Nuusbron: Mooivaal Media - Vaalweekblad