Jou man se oë kan sê of hy luister of nie

Al ooit gewonder of manlief luister as jy praat? Wetenskaplikes sê jy kan maklik uitvind: kyk net hoeveel keer knip hy sy oë as jy met hom gesels.

Navorsers van die universiteit van Waterloo in Kanada het gevind dat n mens jou oë meer knip wanneer jou gedagtes dwaal.

Die navorsingspan onder leiding van die neurowetenskaplike dr. Daniel Smilek, het bevind dat wanneer n mens se gedagtes dwaal, die gedeelte van jou brein wat met die prosessering van eksterne gebeure te doen het, minder aktief raak.

Die brein probeer om die w├¬reld daarbuite as’t ware “uit te skakel” deur minder inligting in te neem. Die maklikste manier vir jou brein om dit reg te kry, is om jou onbewustelik te dwing om jou o├½ meer gereeld toe te maak (te knip) sodat jy letterlik minder van wat om jou gebeur, kan sien en dus ook minder inligting vir prosessering na jou brein kan stuur.

So, as manlief se oë meer as gewoonlik knip wanneer jy weer met hom probeer gesels, is die kanse goed dat sy gedagtes nie by jou is nie, maar eerder by komende Saterdag se rugby wedstryd.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalster