Duimsuig 'n natuurlike aanwendsel

Sowat 95% babas suig in een-of-ander stadium hul duime en dit is ook bekend dat baie ongebore babas reeds in die baarmoeder begin duimsuig. Slegs 10% kinders suig na die ouderdom van drie jaar nog duim, maar sommige tieners en selfs volwassenes (moontlik soveel as 5% van alle mense) doen dit nog selfs tot op ‘n gevorderde ouderdom in die geheim.

Is dit ‘n skadelike gewoonte en wat kan ouers doen om hul kinders te laat afsien daarvan?
Dokters stel ouers gerus dat dit ‘n baie natuurlike aanwendsel is en dat ‘n mens reeds van voor jou geboorte af “geprogrammeer” is om te suig omdat dit so ‘n belangrike rol in voeding en oorlewing speel. Dit help skynbaar ook om ‘n baba se stres of angs te verlig. Die meeste kinders leer dit teen die ouderdom van drie jaar vanself af en ouers hoef hulle dus nie te veel daaroor te bekommer nie.
In uitsonderlike gevalle kan dit egter tot in die volwasse jare voortduur. Hoewel volwassenes skaam is om openlik oor hul duimsuig-gewoonte te praat, s├¬ tandartse hulle kan dadelik die tekens van ‘n duimsuiger herken omdat dit volwasse tande se posisie be├»nvloed. Die boonste voortande word die meeste geaffekteer omdat dit uitwaarts beweeg terwyl die onderste voortande inwaarts neig.
Omdat ‘n tiener se kakebeen nog relatief sag is en besig is om te ontwikkel, kan dit ook die kakebeen se ontwikkeling be├»nvloed. Dit belemmer ook die groei van die verhemelte wat tot kou-, sluk- en spraakprobleme kan lei.
Hoe kan ‘n volwassene met die probleem of ouers wie se groeiende kinders aanhou duimsuig, die gewoonte stopsit? Volgens kenners is dit belangrik dat dit net soos sigaretrook, as ‘n “streskruk” ge├»dentifiseer moet word. Begin dus deur stresvolle faktore in die huis uit te skakel of te verminder.
Volgens ‘n tandarts wat gereeld met sulke gevalle te doen kry, kan ‘n mens die “slegte smaak”-beleid volg deur ‘n produk met ‘n onaangename smaak aan die duim te smeer, maar hy s├¬ hy vind dat dit meer effektief is om aan die duimsuiger te verduidelik wat die langtermyn gevolge is sodat die kind of volwassene self “inkoop” om die gewoonte te probeer staak. Draai ‘n pleister om die geliefkoosde duim of oorreed die kind om ‘n ruk lank handskoene te dra om hom of haar te herinner om nie te suig nie. ‘n Kombinasie van di├⌐ tegnieke, sowel as ‘n klein beloning nou-en-dan, behoort genoeg te wees om die duimsuiger redelik gou van die gewoonte te laat afsien.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad