Die regte stappe tot sukses in die sa musiek bedryf

MEYERTON. – Om ’n loopbaan in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te vestig is ’n lang en harde pad. Vra maar die talle bekende sangers wat onder begin het en behoorlik bloed moes sweet om bo uit te kom.

Dit is nie maklik om jou voete in dié industrie te vind tussen al die wolwe, beloftes en drome nie. Veral as niemand bereid is om jou met die regte advies en spesialisdienste te help nie.

Die musiekindustrie het sekere verskuilde reëls waarvan niemand jou regtig sal vertel nie. En as niemand jou vertel nie, gaan jy jou kop oor en oor stamp! Daar is soveel faktore betrokke by die uitreiking van ’n liedjie, ‘n CD, ’n platekontrak, jou CD op die rakke, jou musiek op radio, lisensiëringsooreenkomste, registrasie van liedjies, tantiemes ens.

“Die grootste probleem wat sangers en groepe het, is dat hulle glo as hulle net ’n CD het, hulle dit dadelik op die rakke in elke winkel in Suid-Afrika gaan kry en dat hul musiek oor-en-oor op die radio gaan speel. Dit verblind hul visie en hul werk nie volgens ’n behoorlik besigheidsplan nie,” sê Steve van Deventer, mede-eienaar van Starburst Artist Management & Promotions. Hy meen in die meeste gevalle word liedjies en CD’s oorhaastig en ten duurste opgeneem nog voordat sangers die regte advies ontvang het.

“Die teleurstelling is dan groot wanneer ’n platemaatskappy of in meeste gevalle, elke platemaatskappy in die land genader word en daar geen reaksie is nie. Starburst Artist Management & Promotions spesialiseer al meer as tien jaar in hierdie veld en met ’n rasionele, eerlike en opregte aanslag sowel as uitmuntende verhoudings in die musiek-industrie en media staan hulle graag opkomende en gevestigde sangers by met die nader van radio- stasies en publisiteit en so te sê enige fasset van die musiek-industrie.

Belangstellende sangers kan gerus vir Steve van Deventer skakel by 082 571 5772 of stuur ’n e-pos na stevevd@vodamail.co.za. Starburst help egter nie met die reël van optredes nie.

Bron:  vaalweekblad.com