WEN KAARTJIES VIR LIONS TEEN DIE BULLS

VANDERBIJLPARK. – Die Bulls se pienk-opmars Saterdag na Nuweland om die Stormers op sy tuisveld aan te durf, gaan ongetwyfeld alle Superrugby-gesprekke aan die vooraand van die kragmeting oorheers.
Die Stormers is tot dusver die enigste onoorwonne Suid-Afrikaanse span in vanjaar se Super rugby-kompetisie en dié Noord/Suid-derby gaan soos altyd die beste uit albei spanne haal. Die beleërde Lions wat verlede Saterdag op Coca-Cola Park – ondanks ‘n rits beserings – teen ‘n Springbok-belaaide Stormers met 24-19 verloor het, sal Saterdag op sy tuisveld teen die Crusaders homself weer op die wenpad wil kry.
Daar is vanuit die staanspoor voorspel dat diepte die Lions se grootste meulsteen sou wees.
Vanuit ‘n Suid-Afrikaanse oogpunt sal daar vir die Cheetahs duimvas gehou word vir hulle klipharde kragmeting teen die Hurricanes in Wellington, Nieu-Seeland. Doer Onder sal die Sharks ook moet uithaal en wys om die Brumbies in Canberra te klop.
*Die Goue Leeus in samewerking met Vaalweekblad gee vir elke tuiswedstryd van die Lions vyf dubbelkaartjies weg. Die Lions se volgende tuiswedstryd is op 14 April teen die Bulls.
Al wat lesers moet doen om kaartjies te wen is om die maklike vraag te beantwoord en u naam, van en kontakbesonderhede aan ettienne.vanrensburg@mooivaalmedia.co.za te stuur. Inskrywings sluit Maandag 9 April. Slegs een inskrywing per persoon sal aanvaar word.
Vraag: Teen wie speel die Lions op 14 April?
Die Super-rugby bepalings vir die naweek is: Vrydag: 08:35: Highlanders vs Rebels (Rugby Park, Invercargill). Saterdag: 06:30: Hurricanes vs Toyota Cheetahs (Westpac Stadium, Wellington); 08:35: Chiefs vs Waratahs (Waikato Stadium, Hamilton); 10:40: Brumbies vs Sharks (Canberra Stadium, Canberra); 12:40: Force vs Reds (NIB Stadium, Perth); 17:05: MTN Lions vs Crusaders (Coca-Cola Park, Johannesburg); 19:10: DHL Stormers vs Vodacom Bulls (DHL Newlands Stadium, Cape Town).

Source:  mashable.com