VOORTREKKERS BEGIN JAAR MET PRETDAG

‘n Mens hoor dikwels: “Bestaan die Voortrekkers nog?” Beslis! Orion Voortrekkers van Vanderbijlpark het hul program vir 2012 pas afgeskop met ‘n heerlike speletjiesmiddag. Hulle wil graag hoor van enige voornemende jong Voortrekkers, asook van oud-Voortrekkers of ander volwassenes met ‘n passie vir die jeug en graag betrokke wil raak. Besoek www.orionvoortrekkers.co.za of stuur ‘n e-pos aan orionvoortrekkers@gmail.com vir volledige inligting.
Bron:  vaalweekblad.com