Vaal se water is skoonste in 'n lang tyd – SAVE

VANDERBIJLPARK. – Die Vaalrivier bokant die Barrage is tans die skoonste wat dit in ‘n lang tyd was en hou nie gevaar vir watersport-geesdriftiges in nie. Di├⌐ jongste inligting weerspreek die berig in verlede week se Vaalweekblad, wat gebaseer was op ou inligting van twee jaar gelede nadat dit onlangs per abuis weer deur die omgewingsorganisasie, SAVE aan die media uitgereik is. Hoewel SAVE die verouderde persverklaring kort na uitreiking teruggetrek het, was die inligting toe reeds in Vaalweekblad se nuusstelsel verwerk.

Die nuutste feite, sê adv. Lötter Wepener, voorsitter van SAVE, is dat Emfuleni die afgelope twee jaar besondere moeite gedoen het om te verseker dat afvalwater na behore gesuiwer word voordat dit in die Rietspruit vrygelaat word.
Volgens Wepener het lede van SAVE onlangs op uitnodiging van Metsi a Lekoa die Rietspruit-watersuiweringswerke ge├»nspekteer en bevind dat 80% tot 90% van die werke voltooid en in ‘n volkome werkende toestand is.
“Die gedeeltes wat nog klaargemaak moet word, sal net bykomende kapasiteit daarstel vir die munisipaliteit om groter volumes afvalwater te hanteer,” s├¬ Wepener.
“Die Vaalrivier bokant die Barrage is heeltemal veilig vir watersport maar ek is nog skepties oor die watergehalte van Loch Vaal en die sediment wat deur die jare in die Loch opgebou het,” s├¬ hy.
Hoewel Wepener baie lof het vir Emfuleni en in besonder vir raadslid Sam Tshabalala wat prioriteit-aandag aan die watersituasie gee, het hy geen goeie woord oor die watergehalte van die Vaalrivier in die Parys-gebied nie. Tydens Vaalweekblad se onderhoud met hom verlede week, het hy die watergehalte van die rivier daar as “chaoties” bestempel.
Save het op 17 September reeds ‘n hofbevel in die Bloemfonteinse hooggeregshof teen die Ngwathi-munisipaliteit gekry om die uitpomp van rou riool in die Vaalrivier by Parys onmiddellik te staak.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad