Kinders help kinders

Die leiers van Juventus Privaatskool het eie inisiatief geneem om fondse te in vir maats wat nie genoegsame fondse het om die beplande seekamp mee te maak nie. Die leiers se leuse is:

ΓÇ£Geen matroos sal agterbly nie!ΓÇ¥

Hulle het self besluit om die suksesvolle Rooi Rok Bokkie konsert weer op te voer en die leerlinge het dadelik ingestem. Hulle moet 600 kaartjies verkoop om al die matrose seekamp toe te vat.

ΓÇÿDit is vir ons as skool ‘n voorreg om leerlinge te h├¬ wat eie inisiatief kan neem, maar eerstens omgee vir hul maatsΓÇÖ s├¬ Mev. Izelle van den Bergh, hoof van Juventus Privaatskool.

Die Rooi Rok Bokkie Konsert vind plaas op 13 Augustus 2010 by Vereeniging Stadskouburg. Kaartjies is R70.00 beskikbaar by die skoolkantoor: 016 363 1504 / 073 5400 983.