Die Vaal Meander Wynroete lok tans besoekers vanoor die hele land. Van die besoekers kom jaarliks vanaf die Kaap en omliggende gebiede om die wynfees in die noorde te kom geniet, vertel van die aanbieders op die wynroete.
Die wynroete is:
- Model Bottelstoor in Meyerton bied Distell, Winelog, Vinimark, Wine Worx, Van Loveren, NS en Boschendal.
- High Stakes Restaurant bied Vriesenhof Vineyards, The Goose en Du Toitskloof Cellar.
- Liquid Lounge bied wyne van Waterkloof Stellenbosch en Tulbach Winery. * Liquor City, Vanderbijlpark bied Distell, Winelog, Vinimark, Wine Worx, Napier Winery, NS en Boschendal.
- House of Curries bied proesessie aan in wyne insluitende Altydgedacht, Whalehaven en Bernheim.
- Mon Ami bied Murati en Stellenrust.
- Riverside Hotel bied wyne vanaf LΓÇÖavernir en Warwick.
- Stonehaven on Vaal bied De Krans, Spier, Krone en Diemersfontein.
- The River Palace bied wyne van Riebeeck Cellars en Roberson.
- Waterfront Country Lodge bied Le Riche, Boschendal, Newton Johnson, Painted Wolf en Reyneke Organic.
- The Shakespeare Inn bied wyne van Mt Vernon, Savanah en Oranjerivier.
Die Vaal Meander Wynroete word elke Saterdag en Sondag van 12:00 tot 18:00 aangebied. Besoek die webtuiste www.vaalwineroute.co.za of skakel (016) 933 4821 vir meer besonderhede oor spesiale aanbiedings wat oor die volgende agt weke aangebied word. Neem ook deel aan Vaalweekblad en Ster se weeklikse SMS-kompetisie en staan ‘n kans om wyn-geskenkpakke te wen!
Nuusbron: Mooivaal Media Vaalweekblad