Wêreld Toltrekker-uitdaging in Deneysville

DENEYSVILLE – Afgesien van die FIFA-w├¬reldbekertoernooi wat gedurende Junie in Suid-Afrika plaasvind, loop die koors ook hoog vir ‘n ander belangrike kampioenskapstoernooi wat in Deneysville gaan plaasvind. Op Saterdag 5 Junie 2010┬á word die┬á W├¬reld Toltrekker-uitdaging aangebied.

Dit is ‘n byeenkoms waar deelnemers met Toltrekkers teen mekaar┬á gaan meeding vir die mees gesogte Toltrekker-kampioenskapstitel in die w├¬reld.

Dit is ‘n oop┬á byeenkoms waarvoor enigeen met ‘n kwalifiserende Toltrekker kan inskryf. Daar gaan in twee afdelings meegeding word, naamlik die tradisionele afdeling en ‘n moderne afdeling.

Om┬á’n toltrekker te maak is baie maklik, en voornemende deelnemers kan instruksies op die spesiale Toltrekker-webblad (http://www.deneysville.ng.org.za/basaar) kry. Daar is ook meer inligting┬áoor die kampioenskapstoernooi op dieselfde blad beskikbaar. Die toernooi begin om 10:00. Die W├¬reld Toltrekker-uitdaging (World Spool Tractor Challenge) is tong in die kies deel van die jaarlikse kerkbasaar van die NG Kerk Deneysville.

Skakel Carlie Schiel (016) 371 1409 vir nadere besonderhede.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster