Wenbeelde deur plaaslike lense

VANDERBIJLPARK – Die Vanderbijlpark FotografieseVereniging vir amateur-fotograwe vergader elke derde Vrydagaand van die maand om 18:30 by die van die Noordwes-Universiteit in die Sentrum vir Telematiese Leer, Samancor-ouditorium.

Tydens elke byeenkoms kry fotograwe geleentheid om hul foto’s ten toon te stel, waarna┬á die maandwenners in die onderskeie afdelings aangewys word.

Die maandonderwerp tydens die pas afgelope vergadering was “kinders” en Malinda de Jager, ‘n junior fotograaf┬á met baie talent se “Richard” is as die wenner aangewys.

In die senior-afdeling van die ope kategorie is Deon Oosthuizen se “Radar Locked” as die wenner aangewys en in die junior-afdeling is Christiaan Steyn se “Flying” as die wenfoto aangewys.

Die klub vergader weer op 21 Mei en alle fotograwe is welkom. Vir meer inligting kan Johan Brits gekontak word by 082 416 6201 of per e-pos by tsawa@yebo.co.za. Besoek ook gerus die klub se webtuiste by www.vdbp-photo.org.

Nuusbron: (Mooivaal Media – Ster)