Wen 'n jag-uitstappie

VANDERBIJLPARK. – Die Nederduitsch Hervormde kerk Vanderbijlpark-Suid bied ‘n opwindende wedstryd aan waarin ‘n jag-uitstappie gewen kan word.

Dit sluit onder meer wild ter waarde van R6 000 (saamgestel uit ΓÇÿn koedoe of ΓÇÿn blouwildebees en rooibokke volgens waarde), asook selfsorgverblyf vir 5 mense vir 3 nagte in ΓÇÿn luukse kamp (waarde R4 500) op die jagplaas Bougasvlei en Ranch on Camel Creek in die Thabazimbi distrik in.
Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar en moet volledig voltooi en nie later nie as 16 Julie ingedien word. Elke wedstrydinskrywing kos R50. Die wenner sal sy pakket vanaf 5 ΓÇô 8 Augustus vanjaar kan neem.
Wins uit die projek sal in die gemeente teruggeploeg word.
Navrae kan gerig word aan Sonia Visser of Anneline Grey by die kerkkantoor: (016) 932 2744 gedurende kantoor-ure.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad