Al meer vroue kry op ‘n al jonger ouderdom baarmoederkanker. Navorsers is nog nie seker wat die rede hiervoor is nie, maar bespiegel dat dit verband hou daarmee dat vroue die afgelope drie dekades minder kinders kry of geen babas wil h├¬ nie. Vetsug speel moontlik ook ‘n rol in die siekte se toename.
Baarmoederkanker het die afgelope 30 jaar met byna 50% in die Westerse wêreld toegeneem.
Navorsing deur die Brittanje se kankernavorsingsraad het onlangs onthul dat 19 uit elke 100 000 Westerse vroue deesdae die siekte kry, vergeleke met 13 per 100 000 in 1975 – ‘n toename van byna 50%.
Dit is tans die vierde mees algemene vorm van kanker by vroue en die toename in baarmoederkanker se voorkoms is hoër as vir enige ander kanker buiten kwaadaardige velkanker.
Kenners meen dat vroue ‘n groter gevaar staan om die siekte te kry as daar ho├½r vlakke van estrogeen in hul bloed is. Estrogeenvlakke verlaag gedurende swangerskap, dus is vroue wat geen of min kinders het, vir ‘n langer tyd aan ho├½ vlakke van die hormoon blootgestel as vroue wat deur baie swangerskappe gegaan het.
Vroue wat oorgewig of vetsugtig is, se estrogeenvlakke is ook hoër omdat vetweefsel ander hormone in estrogeen kan omskakel.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad