Links is vlieënier Cliff Lotter van Klerksdorp met Frank King van Parys (regs) wat die derde en tweede plekke onderskeidelik verower het in die klas vir vinniger vliegtuie by voorverlede naweek se Sop-en-Potjie Winter Pilon Trial Uitdaging (lugvaart baken tydtoets) wat hier gehou is. Die tydtoetse het reeds die afgelope maande bekendheid aan die Parys-vliegveld gegee en is baie gewild onder vlieëniers wat van regoor die land kom om deel te neem.
Sowat 30 entoesiastiese vlieëniers van regoor die land het ingeskryf vir die Sop-en-Potjie Winter Pylon Trial Uitdaging (lugvaart baken tydtoets), geborg deur Shell, wat op Saterdag 27 Julie deur Spark Air, Scully Levin en Henk Koster in samewerking met die Parys Vliegklub hier aangebied is.
Hierdie keer het vlieëniers in ’n stadige veteraanklas met ’n korter roete, asook ’n vinniger klas met ’n meer gevorderde roete om die beurt meegeding. Ten spyte van die wind het die vlieëniers hul vliegvernuf en vliegtuie tot die uiterste beproef waarna almal met groot trots oor die dag se vlugte kon saampraat. In die gevorderde (vinnige) klas was die uitslae van die eerste drie plekke as volg:
1. ZU-FLV gevlieg deur Trevor Warner met ’n spoed van 194.357 Mph/312.788 Km/h.
2. ZU-WYN gevlieg deur Frank King met ’n spoed van 174.592 Mph/282.588 Km/h.
3. ZU-RVS gevlieg deur Cliff Lotter met ’n spoed van 170.633 Mph/274.607 Km/h.
In die Veteraan-klas het die uitslae só gelyk:
1. ZU-VAL gevlieg deur Karl Jensen met ’n spoed van 136.591 Mph/219.821 Km/h .
2. ZS-JKV gevlieg deur Chris Briers met ’n spoed van 133.569 Mph/214.958 Km/h
3. ZS-LJU gevlieg deur Steve Brown met ’n spoed van 119.654Mph/192.564 Km/h.
Die volgende Pylon Trial is tydens die Koepel Avontuur Fees wat die eerste naweek in November in Parys gehou word.
Source: vaalweekblad.com